Vanaf my donker tafel
Vanaf my donker tafel
vanuit my donker hoek
Sonder lig en sonder kers
bespied ek die donker hool
vanaf die stoep
Sien die
wat daar aankom
wat daar kuier
wat daar vertoef
REFREIN:
Die lampskerms swaai in die wind
Gooi wilde skadu’s in donker hoeke
Die eerste druppels
verpletter hulself teen ruite
Die koelte is verruklik
Die wind aangenaam
Ek sien jou daar sit in die skemer
Weerlig verlig ongereeld jou gelaatstrekke
Donderweer beklemtoon jou teenwoordigheid
Terwyl wilde skadu’s in donker hoeke
op maat van die wind swaai
Hoor die
geruis van stemme
gedruis van musiek
geraas van weer
REFREIN
Vanaf my donker tafel
vanuit my donker hoek
sien ek jou daar sit
Terwyl wilde skadu’s
in donker hoeke
op maat van die wind swaai
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


