Jan Rap, sou jy Marconi uitspreek as Macouni/Makouni? Ek wonder dikwels deesdae wie die President Makou van Frankryk is ... Marcon se R en N word uit Doxa weggelaat ... BELAGLIK! Moet net nie vir hul vra om Ncgobo uit te spreek nie, want dit word summier Nkobo ...
Hans Richardt


Kommentaar
Stem 100% saam met jou Hans; Sharapova word sjerre-pouwa, Roland word roulind, Chobe word tjoubie, Okavango word okkewenghou ens ens. En Magdaleen Kruger het nogal op 'n kol gesê die praktyk by die radio is om vreemde woorde op die Afrikaanse manier uit te spreek as die omroeper of omroepster onseker is. Maar, lyk dit my, die pendulum het geswaai en enigiets wat ruik na Engels word verdra, selfs aanbeveel as jy my vra.
Dit is om van te kots.
Alhoewel, ek moet sê, Nkobo is vir my aanvaarbaar (NIE nkoubou nie) in plaas van Ngcobo want die klapklanke is vreemd vir Afrikaans. Mens pas maar uitspraak aan om te pas by die sleutel van jou taal (soos winkel, store, geld, university, christmas en sout respektiewelik venkele, isistolo, sjelete, unibesity, kisimusi en usawoti word in die swart tale).
Die ene wat ek geniet het is Andy Capisnaniou se Rhaaasie Eraaaasmis. Altyd my stert afgelag, mors-af.
Jan Rap, hierdie mense hou voor op lug, as die taal-eksperts, Chomsky /Tjomskie, of te nie ...
Ek sou Chomsky met my uitspraak sommer Gomsku genoem het ...
Uitspraak van woorde volg maar die geluidstroom van die taal wat jy praat, maar ʼn mens moet oppas vir letteruitspraak. Port Elizabeth is in Afrikaans /pɔrte:'lizɑbɛt/ en Durban /'dʌrban/, terwyl dit in Engels /pɔ:tə'lizəbɪθ/ en /'dʌ:bən/ is.
Mense se name en vanne moet maar liefs uitgespreek word soos hulle dit in hulle eie taal uitspreek.
Sharapova /ʃɑ'rɑpɔvɑ/. Roland Garros /ro:'lɑ:'gɛrɔs/.
Angus
Jy is beslis die meester op beide taal- en ewolusie-gebiede. Dankie vir jou insette wat my meer insigte gee.
Geluidstroom! Dis nou net die regte woord waarna ek al jare soek!
Jy's reg, mens moet die woord uitspreek om by die geluidstroom van die taal wat jy praat. Die meeste van die Afrikaanssprekendes doen dit nie; hulle spreek die woord op die Engelse manier uit - luister maar na RSG.
Ek was en is nog slagoffer van slegte begrip van my van, taal ekspert of te nie. My van word van Richardt sommer Riekert of 'Reedshit'! Dit wys swak begrip. In Duits en oud-Nederlands is 'ch' nog steeds G-uitspraak!
Ek dink dat SABC se klankstroom met uitspraak van vanne verkak is.