Ek dink dat die ervaar en deurleef van fisieke pyn, kalmte en sobere denke bring. Ek het die afgelope tyd darem baie gewonder oor die lewe en emosionele pyn van ander. Binne 1 week was daar 2 kleuters dood by die kliniek oorkant die werk. Die 1ste agv siekte “behandel” met “tradisionele medisyne”, die volgende omdat sy verstik het aan pap wat in haar mond geforseer was. Nou ja, die pa's het verskriklik gehuil, die jong ma's het verstarde uitdrukkings op hul gesigte gehad. Geen trane nie, net ’n uitdrukkingloosheid? Is pyn tasbaar gemeet aan trane of is pyn iets onmeetbaar, as ’n ouer ’n kind agv tradisionele gebruike verloor? Is daar ’n genetiese indruk vir pyn en lyding? Of bring pyn ’n sobere nugterheid oor ’n mens wat dit aanvaar? Ek weet dat geweldige fisiese pyn vir my sobere denke oor lewe gegee het, aan die begin van “feestyd”. Kan ek myself as buitestaander werklik so onverskillig aanmatig oor ’n verstarde swart ma se emosionele pyn, deur te sê dat sy ongevoelig is oor haar kind se dood, net omdat ek nie trane sien nie? Ek dink dat sommige “skrywers” in hul eie skewe verstarde lewensuitkyke, dikwels verwarde aannames oor ander se emosionele intellek maak, in dikwels stompsinnige sirkel redenasies bv geloof. Is geloof en bygeloof nie net hare kloof oor dieselfde ding in n ander formaat nie? “Satan” of “Tokkelossie”, wat is die verskil? Net hoe die karikatuur aangetrek is? Vir beide was daar nog nooit niks meer tasbaar, as die “gelowige daaraan” se hoorsê getuienis/persepsies daaroor. Was daar ooit “weapons of mass destructions” in Irak? Tog was ’n byna 10-jarige oorlog van stapel gestuur oor ’n intelligensie “getuienislewering daarvan”. Die ou gesegde in ANC-kringe is dat wit mense met net die Bybel hier geland het, aan die swartes gesê het “laat ons lees en bid” en toe die oë oopgaan, staan die swartes met die Bybel en het die wittes al die swartes se grond en beeste. Mite of waarheid? Dit sal afhang van die leser se eie siening van die saak.
Hans Richardt

