Beste Webvoet
Toe die taaldebat oor US gewoed het, het ek soos volg kommentaar gelewer:
“Die Katalane hanteer die taalkwessie, myns insiens, op ’n verstandige wyse. Lesings word op Youtube opgeneem in die dosent se eie taal en onderskrifte in ’n ander taal, byvoorbeeld Engels. Die klasse word gebruik om die lesings te bespreek (in die student se eie taal) en om probleme op te los.
Gelyke Kanse noem ook so ’n moontlike oplossing
Ek het in 2016 ’n lesing bygewoon waar hulle stelsel uiteengesit word.
https://www.litnet.co.za/anthony-pym-se-lesing-the-role-of-translation-in-language-policy/ ”
As US die Katelane se voorbeeld gevolg het, was hulle gerat vir afstandsonderrig. Verlede jaar se lesings sou (tweetalig!) beskikbaar wees op die web. Hulle hoogs suksesvolle vertaal- en tolkdienste kon tot groot hulp gewees het
Groete
Koos Holtzhausen


Kommentaar
Water onder brug. Daar is nou Afrikaanse Akademia, wat nie tegnologies gestremd is nie.
Ek stem saam Hans, Akademia is die openbare universiteite ligjare vooruit!
Wie wil nou aan 'n "politiese" en - a.g.v. die koronavirus - "gebroke" instansie met allerlei probleme gaan studeer, indien jy moeiteloos en met uitnemende tegnologiese bystand en kennis gerieflik aan Akademia kan studeer?
Dis 'n hengse pluimpie vir Afrikaans en tersiêre Afrikaans 🙂
Hoekom moet Stellenbosch tweetalig wees (of Tukkies of Pukke)?