"Trippel saam met my" deur Schane Van Zijl

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek het vergeet hoe ongeluk voel
Ek het die koue rilling van hartseer trane verbied
Ek het vergeet

Die hemel het oopgegaan bo my
My hart het nuwe ritmes aangeleer

My glimlag het ek weer leer ken
Ek kon lees in my oë dat ? nuwe lewe wag

As jou siel gewoond raak aan hartseer en pyn
Jou geluk gemeet word aan net dit wat jy ken
Verongeluk jy jouself

Maar ek ken ? plek
Vat my hand en trippel saam met my na die rivier
Waar jy jouself kan sien, soos ek jou sien, soos ander jou sien

Ek het vergeet om ongeluk te voorspel
Ek het vergeet
En toe kry ek ? toekoms
Toe glo ek in my toekoms

Vat my hand en trippel saam met my na die rivier
Waar jy jouself kan sien, soos ek jou sien, soos ander jou sien
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top