Thomas en Angus julle verstaan nie ...

  • 8

... wat dit is wat ek nie van die evolusieteorie verstaan nie. Hoe kan julle want ek self verstaan nie eers wat dit is wat ek nie verstaan nie so hoe kan ek dit aan julle oordra? Dit laat my dink aan die dag wat ons wiskundeprof, prof Zietsman, gesê het nadat hy ’n lesing oor komplekse getalle afgehandel het. "Vandag kêrels," het hy gesê, "het ek aan julle verduidelik wat ek my lewe nog nooit verstaan het nie." Laat ek dit dan so stel: Ek verstaan maar sien dit nie in nie.

Ek sien in Maart se Popular Mechanics (p18) hulle het, by die universiteit van California ’n gevlerkte robotjie gebou wat nie veronderstel is om te vlieg nie; hulle wil net kyk hoeveel vinniger kan hy hardloop as hy sy vlerke klap. Hy het wel 90% vinniger gehardloop, maar " ... far short of the four-fold boost that a running Archaeopterix dinosaur would have needed to get airborne. ... the verdict: the first true fliers PROBABLY evolved from tree-base gliders (my hoofletters)." So hulle weet nie hoe voëls onstaan het nie.

Aan die anderkant nou weer sien ek in die Farmer’s Weekly (p19) van 16 Maart die volgende: "Climate change is threatening the survival of wild emmer wheat and wild barley populations ... ...[a] study by researchers at the Institute of Evolution at the university of Haifa ... [shows] the wild varieties have undergone GENETIC changes that can only be explained by global warming. ... These grain progenitors are adapting their time of flowering to escape the heat [prof Eviatar] Nevo said (my hoofletters)." So dit lyk my Thomas is reg, aanpassing is deel van evolusie (maar ek weet ook nie; hoe verskil dit van akklimatisering?)

Maar nou sien ek prof Erik Holm sê in sy Inseklopedie (p83) die volgende van papies (metamorfose was nog altyd een van die goed wat my oor evolusie laat wonder het): "...na ongeveer ’n kwart van sy ontwikkelingstyd ... vind mens geen weefsels ... [in die papie] nie. ’n Wit sop-vloeistof is al wat binne die papiedop ronddryf. ... Sonder huiwering of fout beweeg elke sel (miljoene van hulle!) op sy eie na sy nuwe rol en posisie, heg hom daar in en bou ’n totaal nuwe dier! ’n Insek wat ontpop, is letterlik herbore – sonder die proses van embriogenese."

Hierdie is verbysterend en om dit te verklaar gaan nie help om groot hoeveelhede tydsverloop in te gooi nie. Hier is iets aan die werk wat glad nie deur die evolusieteorie verduidelik word nie.

Astrofisici het leemtes in die oerknalteorie opgetel en om hulle model beter te laat werk span hulle toe in wat hulle noem skimenergie en skimmaterie (dark energy en dark matter). Iets wat niemand kan waarneem nie maar die teenwoordigheid van hierdie "goed" los ’n klomp probleme vir hulle op. Op dieselfde manier is by evolusie een of ander skimmeganisme aan die werk, moet wees; lukrake mutasie en natuurlike seleksie is net te lig in die broek. Ek dink so.

Groetnis

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Hallo Jan Rap

    Onthou,  Archaeopterix was verklaar as 'n "ware" voel deur kreasioniste!

    Wetenskaplikes het Archioe geklassifiseer as 'n voel.

    "'n Voel met 'n lang, gewerwelde stert en 'n bek vol tande", onder andere kenmerke.

    Dit kan ook as 'n dinosaurus geklassifeer word, afhangende van die persoonlike voorkeure. 'n Oorgangsfossiel.

    Kleinkoos

  • Daar is die eerlikheid, waarvoor gewag was na vele van Jan se briewe, die "Op dieselfde manier is by evolusie een of ander skimmeganisme aan die werk". 

    Dit het 'n tydjie geneem, maar hier vat Jan hande met De Klerk en beroep hulle eindelik hulself tot 'n "intelligente ontwerper". 
     
    Dit terwyl natuurlike seleksie die proses is wat rekenskap gee van die vorming van diversiteit wat so uitstaande kenmerk van ons bestaan is. 
     
    Wat Darwin gedoen het is om in biologie, daarom die kapsie teen die "darwanisme", die veld is biologie en evolusie daarin, die proses te beskryf wat rekenskap gee van die diversiteit, plante, diere, die lys is bekend. 
     
    Verandering kan verduidelik word deur 'n proses van verandering aan die hand van biologie alleenlik moontlik maak. 
     
    Dit word ook nie aanvaar dat "dark energy en dark matter", doodgewoon net ingebring is om die modelle te maak werk, net soos Kobus se brief skep dit die indruk dat wetenskap en hierdie brief, fisika, lukraak dinge opmaak. 
     
    Panda, kan beter as ek skryf oor "dark matter"en "dark energy" en hopelik sal hy so doen. 
     
    Wat onverstaanbaar is beide van Jan Rap en Kobus De Klerk se kant af is dat daar geen ongelukkigheid is oor kwantum fisika of fotosintese nie, daar is 'n magdom prosesse wat sonder end dag na dag plaasvind en net so manjifiek is. 
     
    Die vorming van sterre, swaartekrag wat die elemente saamtrek en so die proses begin, vanuit dit word die geleentheid vir die vorming van plante bied.
     
    Hierdie prosesse bestaan in die elemente hier op aarde wat saamgevoeg word en kompleksiteit op daardie manier bou. 
     
    Al hierdie prosesse te same is verseker kompleks en fassinerend om te ondersoek, wat egter verstommend is die gedurige wens om 'n teken van 'n goddelikheid te sien daarin, 'n ontwerper te soek in die prosesse, terwyl geen sulke vingerafdrukke gesien kan word.
     
    Indien die "skimmeganisme" dan aanvaar word, is dit weereens, hoe sal dit uitgebeeld word in die magdom prosesse en hoekom iets daar plaas wat nie geredelik afgelei kan word met die bestaande verduidelikings in biologie nie. 
     
    Indien Jan rap, mutasies byvoorbeeld verwerp, dan is dit Jan Rap se probleem en nie biologie se probleem nie wat dit gebruik om ingeligte verduidelikings te bied. 
  • Jan Rap

    Kan ek 'n vragie vra, want ek verstaan regtig nie. Wat het die oerknalteorie te doen met die teorie van evolusie? Een het te doen met kosmolgie en die ander met lewende wesens. Hoe bring jy die twee by mekaar uit ?

    Dis totaal verskillende natuurwetenskappe. Die oerknal (kosmolgie) het niks te doen met die teorie van evolusie (biologie) nie.

    Ek meen ongeag wat enige van daai twee teorie se, die aarde sal nog steeds ongeveer 4.55 miljard jaar oud wees. Onafhanklik van kosmolgie of biologie.

    Kleinkoos

  • Stephan Marcus

    Nee, Jan mutasie en natuurlike seleksie is heeltemal genoeg. Alle metaboliese prosesse is onderhewig aan genetiese beheer. Veranderinge aan die uitdrukking van gene, die doeltreffendheid van geen produkte en die konsentrasie van daardie produkte bepaal in ’n absolute sin die groei, ontwikkeling, voortplanting en funksionering van organismes.

    Op ’n tyd is daar gesoek na "vitale energie" wat lewende organismes aan die lewe moes hou. Mense kon nie glo dat dieselfde chemie wat in ’n proefbuis uitgevoer kan word verantwoordelik vir metabolisme is nie. Vandag kan elke reaksie in elke metaboliese baan (wat verbasend universeel is) in die laboratorium met reagense van nie lewende oorsprong nageboots word.

    Elke organisme begin die lewe as een sel wat nie lewende materiaal absorbeer, verdeel in nuwe selle, differensieer en eindelik ’n organisme met dosyne organe in komplekse sisteme, bestaande uit dosyne radikaal verskillende weefsels vorm. Dit is nie ’n wonder nie, dit is net biologie.

  • Dagsê Jan Rap
    Eerstens wat Wouter se versoek aan my betref’: Ek skryf maar liewers  nie  oor goed  waarvan ek te min weet nie. Besoek liewers die volgende twee webwerwe om meer te wete te kom:   http://www.universetoday.com/45117/black-matter/
    http://science.nasa.gov/astrophysics/focus-areas/what-is-dark-energy/

    Maar ek het tog ’n ernstige probleem met die volgende stelling van jou: “Astrofisici het leemtes in die oerknalteorie opgetel en om hulle model beter te laat werk span hulle toe in wat hulle noem skimenergie en skimmaterie (dark energy en dark matter). Iets wat niemand kan waarneem nie maar die teenwoordigheid van hierdie "goed" los ’n klomp probleme vir hulle op.”

    Is die stelling nou daarop gemik  om wetenskap in die algemeen ’n dwarsklap toe te dien en so ondersteuning vir De Klerk se aanslag te gee? Ek meen die onderwerp is tog, soos Kleinkoos ook uitgewys het, evolusie — dan nie?

    Om mee te begin: Die oerknalteorie is eintlik ’n hipotese al dra dit die gewigtige titel van teorie. Ek vertrou jy het Thomas se raad gevolg en dat jy ten volle op hoogte is met die terme aangaande hipotese en wetenskaplike teorie en dat dit nie nodig is om daarop uit te brei nie. Dit maar net terloops.

    Jy is beswaard daaroor dat die skimme wat jy uitwys nie waarneembaar is nie maar nogtans gebruik word om ’n klomp probleme op te los. Kan iemand miskien elektrisiteit sien, of swaartekrag of ‘n gravitasiekolk ? Natuurlik nie — maar dit beteken nie dat hulle nie waargeneem kan word nie.

    Ek neem net swaartekrag as ’n voorbeeld: Isaac Newton het afgesien daarvan dat swaartekrag onsigbaar is, dit nogtans waargeneem uit die gedrag van sekere natuurverskynsels en die resultaat was die wet op swaartekrag in 1687 wat ’n klomp probleme opgelos het. Vir die eerste keer kon die posisies van planete toe voorspel word en dit het selfs gelei tot die ontdekking in 1846 van die derde grootste planeet in die sonnestelsel nl. Neptunus.

    Die feit dat Mercurius nie heeltemal wou inval by Newton se gravitasiewet nie het daartoe gelei dat Einstein oor swaartekrag herbesin het. En kon Einstein dalk sien dat liggame die ruimte om hulle buig en dat dit eintlik die gegolfde ruimte is wat liggame na mekaar toe druk i.p.v. dat hulle mekaar aantrek? Kon Einstein sien dat dit eintlik die ruimte is wat jou op die aarde vasdruk en dat dit nie die aarde is wat jou aantrek nie? Natuurlik nie — Maar Einstein was reg en die teorie van algemene relatiwiteit in 1916 en  ’n geringe verstelling aan Newton se wet op swaartekrag was die gevolg en siedaar —  vir die eerste keer kon Mercurius se baan en posisie ook presies voorspel word.

    ’n Mens moet maar versigtig wees om dit wat jy nie verstaan nie as voorbeelde van tekortkominge in die wetenskap te bestempel.
    Panda

  • Baie dankie Panda.

    Vir die rekord jou briewe hier oor die planete, sterre en verwante onderwerpe is altyd 'n plesier om te lees en jou slag om dit te verduidelik so goed.

    Daarom die versoek.

    Ek het na The Road to Reality: A Complete Guide to the Laws of the Universe van Roger Penrose se bespreking gekyk voor ek my versoek aan jou gerig het, aangesien Penrose se bespreking hoog tegnies is en 'n magdom wiskunde insluit en dit kon ek nie "vereenvoudig" nie.

    Jou skakels sal help om dit te doen.

    'n Afleiding wat gemaak kan word selfs uit die tegniese bespreking vir die leek en wat jy onderskraag het met jou verduideliking hierbo is dat dit nie lukraak was soos Jan Rap graag die indruk wou skep nie en dit is die belangrike aspek wat moes aangespreek word.

    Net soos daardie "fondasie" dan die verdediging van 'n soortgelyke metode in biologie daar wil stel.

    So spring Jan tussen fisika en biologie rond.

  • Hello,

    Hierdie naweek is ek weer by al by boeke, wat naslaan soveel makliker maak. Een van die boeke waarna ek gekyk het om weer die argumente te verfris is, E.O. Wilson se Nature Revealed, Selected Writings, 1949-2006. 'n Skatkis van skryfwerk oor biologie, sosiobiologie en die beskerming van diversiteit. Weereens sluit dit tegniese werk ook in waar die leser Wilson se portuurgroep sal wees.

    In 'n opstel, Consilience among the great branches of learning skryf Wilson die volgende. Dit word aanvaar om tog konteks te skep tot die kwessies wat Jan Rap nou probeer aanblaas en verstaan moontlik te maak hoekom dit nie nodig is nie, indien die werking van realiteit op realiteit se terme aanvaar word.

    Dit word in Engels aangebied om nie nuwe betekenisse met 'n vertaling van my kant af na vore te laat kom nie.

    Dit is 'n goeie gedeelte en wil ek dit graag hier deel met die ingeligte lesers:

    To place the organization of modern science in clearer perspective, the disciplines can be tied to the position that their entities occupy in the scale of space and time, while noting that each class of entities represent a level of organization determined by the ensemble of other entities composing them and located lower on the space-time scale.

    Biology is used to explain:

    Evolutionary:

    Over many generations entire populations of organisms undergo evolution, which at the most elemental level is a change in the frequencies of the genes in the organisms that compose the populations. The foremost cause of evolution is natural selection, the differential survival and reproduction of the competing genes, or to put it more precisely, the differential survival and reproduction of the organisms whose traits are determined by the genes. Natural selection occurs when populations interact with the environment.

    Ecological:

    Evolution by changes in genes is coarse grained. It becomes apparent when the history of an entire population is watched across generations. The process of natural selection driving it is finer grained, comprising particular events that affect the birth, reproduction and death of individual organisms. These are events that can be observed only in a more constricted space and during shorter periods of time, usually the span of a season or less, than is the case for genetic evolution. They are adressed by the discipline of ecology.

    Organismic:

    Natural selection acts on the anatomy, physiology and behaviour of organisms whose programs of development are prescribed by genes. These properties are investigated under organismic biology.

    Cellular:

    The anatomy, physiology and behaviour are aggregated phenomena of cells and tissues. This is the domain of cellular and developmental biology.

    Biochemical:

    The development and function of cells and tissues are themselves the aggregate products of highly organized systems of molecules. This is the domain of molecular biology.

    Bogenoemde dui die vlakke aan waarvolgens evolusie in die studie van biologie ondersoek moet word en bied 'n padkaart waarvolgens dit geskied.

    Bogenoemde was vir my leersaam en dan Wilson se opsomming daarvan ook.

    All biological phenomena are products of evolution and principally evolution by natural selection. Cells and thence organisms being organized ensembles of molecules, are physichemical entities, which were assembled, not at random, but by natural selection. Consilience in biology is the full sweep from molecular processes to the transgenerational shifts of genes that compose evolution.

    Heavy going, sonder enige twyfel, en kompleks maar dit maak geen voorsiening vir "woo-woo" skimme nie of 'n opdatering van Spinoza gekoppel aan die "chain of being" nie, soos 'n aparte brief poog om te doen.

    Daarom is die amoeba nou intelligent, amoeba, mens, 'n god, vir sommige "Die God" in 'n "chain of being" van intelligensie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top