
Swart
Daar is 'n swart wolf wat hardloop deur die winterstorm van my geheue
Die skadu vervolg jou oor die vlaktes, verleë deel die lewe met hom mee
Daar is 'n spook wat haar snags opkrul in die agterkant van my kar se ruit
Vroeg saans, as ek saam die skemer in vlieg, dan hoor ek haar al die liedjies saam fluit
Daar is bloedmerke teen die muur,
leun hoof teen gebrande sand en hoor 'n luide kreet
Vind niks in jou greep,
hou vas aan die buitelyne van 'n hand en laat ons hulle asseblief nooit vergeet
Daar is nie veel in die koue dag wanneer jy 'n verlate veld invaar en uit die lig jou vorm in die stilte verloor
Staar die ewigheid in waar 'n eensame siel in een lewe sy krag kan vind en besin ons wese oor en oor
Daar is geroeste yster in my longe soos verharde waters soms vrede vind maar ook verduister
Een silhoeët wat deur die lang gras sy pad verduister, wanneer ek in die donker staar en die diepsee vir rede luister

