stroois

  • 0

my trots, my klogoete staan en stook die vuur (hier maak ons elke aand vuur innie kombuis en innie kaggel as die vloere te glad raak) en ek beduie dat hulle nie heeltyd innie rook moet staan nie anners ruik hulle more na stroois. en die vraag kom soos 'n klap in die gesig: "Watse ding is 'n stroois, pappa?"

nodeloos om te sê moes ek probeer verduidelik watse ding 'n stroois is. ek het probeer beduie oor die swart manne en vroue wat my help vorm het. aan wie se borste ek dikwels gedra is en wat my wese gevorm het. wat my waardes so in die tweespoorpad wat die lewe dikwels geneig is om te loop vasgepen het.

Want hoe beduie jy vir iemand wat nog nooit in 'n stroois geslaap het van die reuke en asems en die lekker donkerte van nabye liggame en die reuk van die gras en modder en die vuur in die holte? die doek wat moet dien as 'n deur? jy kan en dan vra hulle vir my hoe ek dan so geslaap het en ek het geen woorde nie.

al wat ek weet is dat ek elke nag terugverlang na die bekende en rustige reuk van 'n doodgewone stroois. ek wonder dikwels dan so in my enige armoede wat ons probeer verbloem met lang relase van rykdom? is dit nie dalk waarom ons so alewig by mekaar verbyloop nie? mis ons nie dalk elkeen die reuk van ons buurman se stroois nie?

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top