"Stofpad" deur Jacques van der Westhuizen

  • 0

Geskryf vir: BlackByrd

Vers 1:
Somtyds as jy kyk, in jou hart se diepste kloof
Somtyds voel jy dat iemand het jou, geluk beroof
Daar’s ’n stofpad wat strek oor die lyne van jou hart
Is dit selfverwyt, of dalk maar net, jou eie smart

Refrein:
Dis n stofpad vol van gate, n stofpad vol van pyn
Dis n eindelose langpad, wat jou glimlag laat verdwyn
En dit strek na alle kante, so waan’toe gaan jy nou
Die rede vir jou pyn en smart, is die stofpad binne jou

Vers 2:
Jy lewe in vrees, van wat môre gaan gebeur
As daar net iemand was, wat net vir jou kon alles leer
Die stofpad voel jy soms, dat hy nêrens jou sal lei
Maar daar’s ’n groter hand, wat jy kan vat en Hy sal jou bevry

Refrein:
Dis n stofpad vol van gate, n stofpad vol van pyn
Dis n eindelose langpad, wat jou glimlag laat verdwyn
En dit strek na alle kante, so waan’toe gaan jy nou
Die rede vir jou pyn en smart, is die stofpad binne jou

Vers 3:
Terwyl jy sit en dink, rol die trane oor jou wang
In die duisternis, van jou hart, se diepste gang
Somtyds voel jy of, die wêreld kan vergaan
Maar hier binne jou, is die mens wat net jy verstaan

Refrein:
Dis n stofpad vol van gate, n stofpad vol van pyn
Dis n eindelose langpad, wat jou glimlag laat verdwyn
En dit strek na alle kante, so waan’toe gaan jy nou
Die rede vir jou pyn en smart, is die stofpad binne jou
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top