Stapelvoedsel
1
waar is ons nou,
wat is dit dié;
ons kyk in die spieël,
maar vra steeds wie.
van vrees tot verlore,
sukkel om te keer;
ons maskers is bly,
maar ons harte kry seer
KOOR
ons smag na iets beter,
iets soeter om aan te kou;
’n hand om ons te koester;
ons hart te onderhou.
leen dalk ’n skouer,
vir ’n enkele traan;
as die wêreld platval,
dink hy gaan vergaan.
2
nou sit ons hier,
in die koue winter wind;
staar na die vuur,
waar hitte sal vind.
die vlamme maak ons rustig,
ons harte raak kalm;
ons siel sing saggies,
sy dankbaarheidspsalm
KOOR
steeds smag ons na iets beter,
iets soeter om aan te kou;
’n hand om ons te koester;
ons hart te onderhou.
leen dalk ’n skouer,
vir ’n enkele traan;
as die wêreld platval,
en dink hy gaan vergaan.
BRUG
skielik kom ons agter, dat ons self geluk sal vind;
die lewe betree; met die hart van ’n kind.
[x2]
OUTRO (KOOR)
kort jy dalk ’n skouer,
vir ’n enkele traan;
het jou wêreld platgeval,
voel of hy vergaan.
soek jy na iets beter,
iets soeter om aan te kou;
want hier is my hande,
ek sal jou hart vashou.
![]() |



