Standbeeld

  • 0

Jy was my innerlike beeld
wat wou uit,
en ek beitel uit
maar beitel in

en daar staan jy nou
teen somerlug blou
‘n stil figuur
wat tuur oor my kop die verte in.

Wolke hardloop krom
en bondel rond,
jou agtergrond,
jou dak

soos die wind alles woel
en terg
en roep

jy, onverstoord

Jy is ek en ek is jy,
maar ek word krom
terwyl grasspriete lyne trek
en uit polle kroon
soms lank, dan weer kort

steeds staan jy, tydloos

Meeste mense blind verby
Vir hom is jy ‘n boom,
vir haar ‘n stut,
vir hul: almal se ding ...

Vir my is jy ‘n uitvloei, leegloop
my dam se sluis
‘n deel van my

mag die mag nog myne wees om jou te maak of breek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top