Spieëlbeeld
’n Spieëlbeeld van die wêreld staan hier buite voor my huis.
Sy handel en sy wandel laat die hare vinnig rys.
“Want die wêreld is mos groot so moet ek mos ook vertoon” –
my liewe hartseer tienervriend, vir nou is jy verskoon.
Skaars dertien jaar reeds sig’retrook wat om sy kop rondhang.
En arms wyd, o spiertierman, realiteite maak my bang.
Jou giggelspot van dagga-zol het my nou laat onthou, van Brixton-kinders, gomsnuiwers,
hul toekoms is verbrou.
Die trane in jou oë toe ek gedagtes met jou deel ...
Grootmens wees vat wysheid maat, dit is nie ’n toneel.
Met my handdruk sê ek jammer vriend toe ek jou aarde ruk.
En ek bid opreg by onse God vir jou lewe vol geluk.
En ek bid opreg by onse God, vir jou lewe vol geluk ...
![]() |



