Sonder jou
Refrein:
Hoe kan jy van my verwag om in ‘n wêreld te leef waar jy nie bestaan
Om te maak asof ek lag, tewyl ek van binne af brand.
Herinneringe aan jou is eenvoudig nie genoeg nie,
Wat moet ek doen om jou te laat besef ek het jou nodig?
Ek maak my oë toe en gee ‘n laaste desperate sug soos die donker my verswelg.
Jou woorde laat my emosieloos en koud, dit sny soos ys deur my.
Die pyn van ‘n eenvoudige sin sprei soos gif deur my sisteem.
‘n Verlammende gevoel van moedeloosheid wat van my sintuie beheer neem.
Refrein
Die houe wat my hart teen my bors slaan is pynlike herinneringe aan jou.
Dit voel of ek net ‘n fluister in die wind is, die engel in ‘n glaskas.
Die straatligkind wat troos soek in die skadu’s van ‘n reeds verskeurde aarde.
En soos ek van jou wegstap lyk die sterre effens dowwer soos die wanhoop in my siel groei.
Refrein
Waar is jy? (Ek het jou nodig)
Sien jy my? (Ek het jou nodig)
Is ons nou verby? (Ek het jou nodig)
Refrein
![]() |



