Vir eeue was Europeërs bekend met hierdie eienaardige, driehoekige klippies. Dit kon oral opgetel word. Die geskiedskrywer, Plinius, het al daarvan melding gemaak, en hy was van mening dat hulle op maanlose nagte vanuit die hemel geval het. Ander het geglo dat God dit laat reën het, en nog ? opvatting was dat dit die tonge van slange was wat versteen het. Almal het geglo dat hierdie klippies spesiale magiese krag het, en in poeiervorm is dit gebruik om duiwels te verdryf, pyn op die maag te verlig, asook medisyne vir hoof- en tandpyn.
? Natuurkundige, Guillaume Rondelet, het in die sestiende eeu gespekuleer dat die klippies nie van bonatuurlike oorsprong is nie, maar eens op ? tyd haaitande was. Hy het dit die wetenskaplike naam van glossopetrae gegee. Snert, het die Christene gesê, haaie swem in die see, nie hier op droë land nie, en het maar liewer verder geglo dat God dit gestuur het. ? Franse prokureur, Fabio Colonna, is opdrag gegee om die klippies te ondersoek veral wat hulle medisinale waarde betref. Nadat hy een gedissekteer het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat slegs “onnosel mense” sal dink dit is klip, want dis ongetwyfeld been. Niemand wou hom glo nie, want dit het ingedruis teen gesonde verstand: hoe kan daar haaitande op droë land wees?
Toe, in Oktober 1666, vang ? Franse vissersboot ? yslike groot vis. Die vis het oor ? ton geweeg, en die bemanning het hom op die strand uitgesleep. Hulle moes sy stert met ? tou aan ? boom vasbind, want so geweldig het hy tekere gegaan om weer in die see te kom. Die vis was so groot, dat hulle slegs sy kop kon afsny om na Florence te vervoer. Die hertog Ferdinand II het hiervan gehoor, en sy natuurkundige, Nicolaus Steno, gestuur om dit te ondersoek. Die lykskouing het in die openbaar plaasgevind, sommer daar op straat. Tot almal se verbasing het die tande van die haai heel bekend gelyk. Dit was die slangtong klippies wat almal geken het. Dit het vrae laat ontstaan. Hoe het die tande op land gekom en hoe het dit in rotslae versteen geraak, myle van die naaste strand?
Steno het verder ondersoek ingestel, en ontdek dat die geskiedenis van die aarde vasgevang is in sandsteen, daardie einste geologiese kolom wat een van die hoekstene is van die evolusie. So het hy dan bekend geword as die vader van die geologie.
Steno het as Lutheraan grootgeword, maar omdat hy niks wou glo wat in boeke geskryf staan nie, het hy die leerstellings van die kerk bevraagteken. Uiteindelik het hy besluit om hom tot die Rooms Katolieke geloof te bekeer. In sy dae was ateïsme nog onbekend anders sou hy dít eerder verkies het.
Groete
Angus

