Skrywersblok
Vers 1
Ek struikel al weer,
die woorde skree binne my
maar ek hoor nie.
Wil nie?
Kan nie …
Vers 2
Ek staan in ’n besige straat,
net soos die mense verby my vlug, vlug my woorde,
hulle vlug
en los my agter sonder my beste maat.
Koor 1
Ek wil myself weer vind,
my ware self,
vandag, na maande van afwesigheid,
maande van opkrop oor hoe ek voel.
Vers 3
Al wat ek ken is:
Seerkry liefde, liefde seerkry.
Seerkry?
Nee, nie meer nie.
Vers 4
Ek ken nou vir jou,
jy my sinoniem van liefde en geluk.
Jy gee my woorde terug.
Koor 2
Ek vind myself,
my ware self.
Vandag …
Met net een sin vir nou:
“waar twee harte mekaar soen,
dis daai ding wat jy liefde noem”
![]() |



