"Sinsverbystering" deur Genre Pretorius

  • 0

Sinsverbystering

Ek is maar net ’n sinsverbysterde adolessent
Verlore in ’n liefdelose obsessie
Die gevoel is dalk nie gemeenskaplik nie
Maar hy sal ook nie van self weg gaan nie

Die hele nag lank
Klop ek aan jou deur
Jy wou nie oop maak nie
En het my hart verskeur
Geen hoeveelheid terapie
Sal die leemte voltooi
Is ek vertraag?
Of moet ek maar tou opgooi?

Ek is sekerlik alleen
En die onsekerheid neem oor
Totale waansinnigheid
Wat my nog meer frustreer

Ek staan alleen beskuldig
Maar niemand anders maak ooit reg nie
Minimale selfrespek is my verskoning
Ek aanvaar dalk alle verantwoordelikheid
Vir al my vernederende foute
Maar vergewe my tog net
Want jy het ook hulle!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top