Vir Thomas oor sy kommentaar op my brief van 4 deser

  • 0

Dag Thomas

Ek stem saam met jou, daardie eerste sin in my brief is heeltemal verkeerd; daar moes 'n NIE ingewees het. Jammer daaroor, my fout. Met ander woorde, hy moes só gelui het: Jy sê jy stem saam dat die gemors in die onderwys nie uitsluitlik aan godsdiensonderrig toegeskryf kan word nie.

Maar dis bloot 'n tikfout gewees (dzjenjin, ek maak nie verskonings nie) want my volgende stelling volg juis uit die feit dat jy "saamstem dat godsdiensonderrig nie uitsluitlik vir die gemors verantwoordelik is nie" naamlik, dit kan nie met MY wees met wie jy saamstem nie aangesien my siening is dat die gemors UITSLUITLIK te wyte is aan die NSA en dat godsdiensonderrig NIKS daarmee te doen het nie.

Die rede vir my siening is statistiek (of geskiedenis as jy wil), die huidige toestand en die toepas van die Occambeginsel. Ek mag verkeerd interpreteer, toepas, gevolgtrek of redeneer soos jy ooglopend glo maar tot dusver het jy nog niks gesê wat dit bewys nie behalwe om te keka dat ek deur 'n ideologiese bril kyk. Soos ek sê, mag so wees maar waar is jou bewyse?

Ek gee ook toe dat dit verkeerd is van my om te sê jy het jou beywer vir die gemors. Dit is gewoon onlogies om so 'n bewering te maak want ek is oortuig jy sal nie willens en wetens 'n toestand verlang soos wat tans woed nie (ek is nie sarkasties nie). Jammer daaroor. Ek moes dit anders gestel het: Jy het jou beywer vir die bestel wat uiteindelik tot hierdie gemors gelei het, die waarskuwings van die "dom regses" ten spyt. Jy was, soos baie anders, om die bos gelei deur die media.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top