George Claassen, net 'n herinnering ...

  • 12


... dat jy my nog 'n paar antwoorde skuld – en die antwoorde wat jy wel gegee het hou nie eintlik water nie.

Die een kwessie is die van etiek-waentjie waarop almal nou spring; word as 'n kursusse by onderwysinstansies, of in groot firmas se slypskole, aangebied.  Hierdie kursusse spreek kwessies aan soos die wederregtelike vat van ander mense se goed, die mors van die firma se tyd, skade aan ander mense berokken en/of hulle ondergrawe, die soort van ding, presies wat vervat is in enige godsdiens. 

Uiteraard luister ek Donderdagaande na Islam in Fokus (dit is my aard om laat, onder andere LitNet, te lees en briewe te skryf terwyl die radio aan is).  Indien die mense wat hierdie godsdiens aanhang die beginsels wat daar verkondig word getrou navolg, is geen kursus in etiek nodig nie.  Netso wat die Christene betref; sou hulle die christelike norme en waardes aanhang het hulle ook nie etiekkursussies nodig nie en ek sou reken dieselfde geld vir die ander religieë ook.

Ek stem saam die aanhangers van Islam of Christendom (en seker die ander godsdienste ook) handel nie altyd soos van hulle verwag word deur hulle onderskeie religieë nie, maar dit negeer nie die etiese beginsels wat daar verkondig word nie.  Daar skyn definitief 'n omgekeerde korrelasie te wees tussen godsdiensbeoefening en etiekkursusse;  soos godsdiens kwyn, groei die noodsaaklikheid van etiekkursusse want mense het nie meer waardes nie.

Bogenoemde relaas van my is natuurlik sinneloos as jy ook teen etiekkursusse preek soos jy teen godsdiensonderrig preek.  Indien dit die geval is vra ek om verskoning en jy kan al voorafgaande ignoreer.

Ek het jou gevra of jy godsdiens per se kan beskuldig wanneer die instelling – byvoorbeeld van die  kerke en die betrokke gedagsdraers – hulle wangedra soos gebeur het met die Spaanse Inkwisisie.  Die stryd tussen die Katolieke en Protestante in Ierland word dikwels voorgehou as bewys dat godsdiens onmin veroorsaak.  Dit is vals; in die hele Europa, en selfs hier, leef Katolieke en Protestante in vrede langs mekaar. 

Aan die ander kant leef byvoorbeeld Hutu's en Tutsi's in onmin, ongeag watter godsdiens hulle aanhang.  Om die waarheid te sê, byna al die etniese groepe wat saamgeboender is een van die kunsmatige lande van Afrika het nie ooghare vir mekaar nie; kyk nou maar weer na die spesiale reëlings wat in Kenia getref word om sekere etniese groepe gedurende die verkiesing uitmekaar te hou.

Ek het ook gewonder of jy nie 'oopkop' met 'voor-op-die-wa' verwar nie na aanleiding van jou vergelyking tussen Afrikaanse en Engelse studente.  Ek het niks van jou gehoor in die verband nie en dus bly ek glo dis sommer net 'n wilde stelling.  Terloops, ek is seker jy beskou jouself as oopkop en ek is seker jy was op skool in die ou bedeling so, wanneer het die kentering by jou ingetree? 

Hier's nog 'n wilde stelling van jou George: 

My beswaar is dat wiskunde en wetenskap in Afrikaanse skole verdwerg word deur sinnelose tydvermorsery op dinge wat in die huis en kerk en moskee aangespreek behoort te word maar wat in klaskamers in alle vakke geskied. In plaas daarvan dat die kinders wiskunde- en wetenskaponderrig ontvang, word kinders van graad een af wys gemaak dat die gode wat hulle aanbid, inderdaad wetenskaplik bewese is.

Op watter skool was jy waar hulle huis-, kerk- en moskeedinge in die wiskunde- en wetenskapklasse bespreek het en dit nogal tot so 'n mate dat dit wiskunde en wetenskap 'verdwerg' het?  En in watter skool maak hulle van graad een af die kinders wys dat 'die gode wat hulle aanbid wetenskaplik bewese' is?  George, ek stel dit aan jou dat jy hier 'n wolhaarstorie verkoop.  Ek was in 7 (ja sewe) laerskole en in nie een van hulle, óf in die hoërskool, het ek so-iets ondervind nie.  Ek het ook nog nooit iemand teëgekom wat 'wetenskaplik' bewys dat die 'gode' wel bestaan nie, selfs nie onder die ergste biblepunchers en dwepers nie.

Nog 'n kwessie is jou bewering dat godsdiensonderrig leerlingprestasie striem.  Ek het gevra of die aankoms van die nuwe SA nie dalk 'n groter positiewe korrelasie met swak skoolprestasies het as wat godsdiensonderrig het nie, veral in die lig van die feit dat leerlinge in die ou bedeling uitstekend presteer het en dit terwyl godsdiensonderrig nog in volle swang was.  Jy het niks hierop gesê nie (behalwe aanbeveel dat ek boeke van jou gunstelingskrywers lees).

Ek beweer (eintlik stel ek dit kategories) dat wiskunde en wetenskap, alle vakke om die waarheid te sê, geweldig ly as gevolg van die nuwe bedeling.  Die ontwikkeling wat jy so graag wil sien, maar wat nou ontbreek, is nie as te wyte aan godsdiensonderrig nie maar as gevolg van hierdie bestel waarvoor jy, heel waarskynlik, jou beywer het. 

Beslis nie jou skuld dat jy meegedoen het aan wat nou 'n gemors is nie (jy sal mos nou nie doelbewus veroorsaak dat, onder andere, boere vermoor word en Afrikaans afgejak word nie of hoe?); jy was mislei deur die pers of jy het dalk, juis vanweë jou verbintenisse met die pers, inligting gehad wat nie vir elke Jan Rap en sy maat beskore was nie.  Wat ookal die geval was is geen rede om hierdie bestel goed te praat of te swyg oor sy vergrype nie.  Dit is nou tyd om die handskoene uit te trek waarmee napraters, apologete en agterryers behandel word.

Jou hele handskoenartikel is 'n kaartehuis George.  Die land brand en jy speel met kaarte.  Jy het 'n openbare platform en jy mors tyd met absolute en totale onbenullighede terwyl jy in elk geval vir die verkeerde bossie blaf.  Jy het 'n morele plig om die ongeregtighede wat teen die Afrikaner gepleeg word aan die kaak te stel.  Jy sal die handskoene moet uittrek waarmee jy die regering en die 'liberaal-demokratiese' Afrikaners behandel.

Groetnis

Jan Rap

  • 12

Kommentaar

  • Beste Jan,

     
    Jy beweer dat die Bybelse beginsels getrou nagevolg moet word? Sê my, Jan, het jy al die Bybel gelees?
     
    Groete,
    Angus
  • Dankie Jan,

    Ek waardeer jou nugtere gebalanseerde uitkyk op die lewe. Vir my is die bybel voorwaar 'n slypskool op sigself.  En ja, ek stem saam met jou stelling "want mense het nie meer waardes nie."

    Sterkte

    Trienie 

  • Angus,

    Lanklaas van jou gehoor, maar hoe dit ookal sy, in jou reaksie hierbo op Jan Rap se kommentaar vra jy of hy al die Bybel gelees het. Ek hoop nie jy wil verder daarop uitbrei nie, want almal weet jy het al die Bybel gelees ('n paar maal?), maar daarby weet almal ook  jy verstaan nog steeds nie wat jy gelees het nie omdat dit eenvoudig bo-kant jou begrip en verstand is.

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Jan

    Hoekom mag die sekulêre wêreld nie ook etiekkursusse aanbied nie? Dis mos nie godsdiens se alleenreg nie. Elke mens moet iewers etiese reëls leer en dit hoef darem sekerlik nie net in 'n godsdiensmilieu te wees nie!

    Groetnis
    Perdebytjie

  • George Claassen

    Jan Rap, ek voer nie debat met naamlose mense wat agter skuilname wegkruip nie. Ek gebruik my naam by my skryfwerk. Waarom skuil jy agter die naam "Jan Rap"? Ek glo as ek met iemand wil gesels, hy of sy nie soos 'n Rooms Katolieke priester agter 'n skerm in donkerte gehul moet wees nie. Interessant dat soveel mense wat my gereeld aanval (Koos Karoo, Trienie, jy, Johannes Comestor, ens ens ens.) nie hul eie name wil openbaar nie. Waarom nie?

  • Beste Dolf,

     
    Ja, nee, ons arme dom ouens beny en bewonder jou met jou wonderlike begrip en verstand. Jy moet ons meer daarvan vertel, hoe dit voel om so uit 'n kragtige brein neer te sien op my wat so dom en onnosel is.
     
    Groete
    Angus
  • Beste George

     
    Die Jan Rap is darem moedswillig om sulke moelike vrae te vra.  Probeer gerus om op sy vrae en stellings te antwoord.  Ons almal op hierdie forum wag om jou eierdans te aanskou.
     
    Enjee
  • Chris Dippenaar

    Hello Jan

    Ek stem so half en half saam met jou. Die probleem is dat morele waardes in 'n sekulêre konteks nie kan staatmaak op die onsigbare oog van iemand wat jou dophou om te "sien" dat jy die regte ding doen. Verder, in 'n sekulêre konteks werk die suksesvolle toepassing van waardes gewoonlik net as mense verstaan wat op die spel is. Dit verg moeite van die een wat dit moet verduidelik.

    Godsdiens, aan die anderkant, met 'n stok én 'n wortel, is in 'n baie beter posisie om waardes af te dwing. Alhoewel ek dink dat godsdiens maar net morele waardes van mense reflekteer, sonder 'n god as skrywer daarvan, kan ek nie ontken dat hierdie waardes gewoonlik redelik goed toegepas word in gelowige gemeenskappe.

    Dis altyd makliker en vinniger om vir 'n kind te sê daar is 'n monster agter die deur, eerder as 'n lang rasionele verduideliking hoekom hy nie die deur moet oopmaak. Ons moet nie die bullshit waarde van geloof onderskat nie. Dis seker jammer dat dit so moet wees, maar vir party ouens is dit al wat werk om hulle ordentlik te hou.

    Chris

  • Hierdie was vandag in die Washington Post publiseer en is van toepassing tot 'n gedeelte van hierdie debat.

    Online and anonymous: A key facet of Web culture is a double-edged sword

    By Manuel Roig-Franzia, 
     
    Wednesday, March 6, 2:51 AM
     
    Anonymity is great!
     
    Except when it’s not. It shields the whistleblower from blowback and the deep-background source from getting deep-sixed. It helped women publish novels way back when . . . when that was a pretty novel idea. 
     
    But it can also embolden the kook to get kookier and the racist to get . . . well, you get the picture.This whole matter of anonymity — its merits and demerits — flares up from time to time, and this is one of those times. Twin sparks — one from the West and one from the East — are nudging America to consider anonymity as a thing well worth considering.
     
    Out West, it’s Tina Fey jumping on anonymous Internet commenters hating on her. 
     
    Back here in the East, it’s our very own dearly departing Washington Post ombudsman, Patrick Pexton, decrying nasty, offensive behavior in the comments section of articles on the newspaper’s Web site, including, most recently, some unsavory remarks about a story regarding persistent ranting over first lady Michelle Obama’s derriere. 
     
    Pexton is suggesting that readers who want to say a thing or two on http://www.washingtonpost.com should be required to identify themselves first.
     
    Fey and Pexton, whose thoughts have gotten the viral launch that only a lengthy discussion on NBC’s “Today” show can provide, veer toward an age-old question. 
     
    Does anonymity make us good? Or does it make us bad? 
     
    And now that we’ve had a good long while to get used to splashing around online, there’s another question to ponder: Does the Internet make it easier for us to be anonymously bad or anonymously better?
     
    The answer isn’t so simple. Consider 4Chan, a hugely popular and emphatically anonymous Internet board that began as a place to discuss Japanese anime and has swelled into dozens of boards focused on everything from “science & math” to “Sexy Beautiful Women.”
     
    The site can get raunchy. 
     
    The posters can get rough with each other. Anonymity has the effect of making the users less inhibited, said Michael S. Bernstein, who studied the site’s “/b/ - random” board with colleagues at MIT and the University of Southampton in Britain. 
     
    That lack of inhibition has led to plenty of “gore, pornography and racism,” Bernstein, now a computer science professor at Stanford University, said in an interview.
     
    But amid all the offensive behavior, Bernstein and his fellow researchers also found that anonymity had a lot of positive effects. One of the most notable was the creation of a culture that fostered experimentation and new ideas. S
     
    ince no names were being used, the users felt more comfortable taking risks. They’ve ended up contributing to the creation of an Internet culture and to a proliferation of memes.The site is often credited as starting the lolcats craze, those ubiquitous photos of cats with commentary superimposed over the images, Bernstein said. It’s also the source of the Internet phenomenon of rickrolling. You haven’t been rickrolled? 
     
    That’s when someone sends you a link promising to be one thing, but in reality you’re directed to a video of the awesomely awful Rick Astley song, “Never Gonna Give You Up.”There was a time long, long ago — in Internet terms that would be the mid-to-late 1990s — when there was actually a fair amount of fretting that anonymity might not be possible on the Web. 
     
    The American Association for the Advancement of Science (AAAS), publisher of the respected journal Science, was concerned enough to commission a study that concluded anonymity was something worth striving to preserve. 
     
    “There was talk at the time about making anonymity difficult or impossible,” said Albert H. Teich, a professor at George Washington University who was director of science and policy programs at AAAS when the study was released.The scientists wanted the Internet to be a place where political opinions could be expressed freely without fear of repercussions; where, say, a teen struggling to come to grips with his sexuality could discreetly seek advice.
     
    But that was then.Teich isn’t as worried anymore, and he’s even come around to the idea that limiting anonymity might not be such a bad idea sometimes. 
     
    Still, he’s torn. Terrorism gives him an argument against anonymity. Protecting contacts who were helping AAAS combat human rights violations in Central America gives him a reason to protect anonymity.In other words, it’s complicated.“It’s extremely difficult to apply a single standard across the board; it’s a very circumstantial thing,” he said.And those circumstances have no clear definition. One Internet user’s embrace of anonymity might be another’s idea of boorish behavior. 
     
    Enter “doxing.” Doxing is the act of outing someone who is trying to be anonymous.There seems to be a lot of doxing lately, but nothing like the uber-dox that Adrian Chen, an enterprising Gawker reporter, pulled off last fall. Chen nabbed a kind of white whale of the Internet anonymous commenting world, a user who went by the name “Violentacrez.” The publication dubbed him the “biggest troll on the Web,” asserting, among other things, that he created a section on Reddit, the popular aggregating site, called “Jailbait.” The section was dedicated to sexual images of underage girls. Chen discovered that Violentacrez is a military veteran who lives with his wife in suburban Dallas and . . . loves cats.With all this doxing going on, what’s an anonymous Internet poster, troll or not, to do? Bernstein, the Stanford professor, said some have turned to services, such as TOR, that are designed to protect anonymity by masking where you access the Internet.It’s all enough to make one wistful for simpler times. 
     
    Once, without any high-tech gymnastics, anonymity might help you sell a book — remember “Primary Colors,” the Bill Clinton-inspired tome later revealed to be written by journalist Joe Klein? 
     
    Or, maybe, it could just help you take some rhetorical shots at the Soviet Union, like the anonymous author identified simply as Z . He caused a stir and worldwide speculation with an article in 1990 in the journal Daedalus that expressed skepticism about the reforms under Mikhail Gorbachev. 
     
    Z turned out to be a University of California-Berkeley professor named Martin E. Malia, although it didn’t take a forensic computer investigator to out him — he eventually conceded authorship, essentially outing himself
     
    Which is exactly what some of the folks who get savaged by anonymous commenters would love to see happen now. Asked on “Today” about whether online commenters should be required to reveal their identities, Fey didn’t hesitate.
     
    “I think you should have to put your real name, your address and a current photo,” Fey said with a grin.
     
    She was clearly joking.Or was she?
     
    So dalk sal Jan dit nou aan almal stuur ... naam, adres en foto. 
     
     
  • Angus,

    Haai nee Angus, moet jouself nie so verkleineer en dink jy is dom nie. Nee-nee, jy is mos ‘n god vir jouself, en gode is mos nie dom nie. Jy moet ophou daarmee, netnou dink die lesers jy is dwaas, of soos jy dit self stel, dom en onnosel.

    Terloops, ek aanvaar nederig jou kompliment aan my.

    Sterkte

    Dolf

  • Angus, ek het wel al die bybel in 'n klomp vertalings DEURGELEES (tot numeri - vrek baie mense kan nie totaal deur Numeri ploeg nie) - wil graag weet waarna jy verwys, asseblief. Ek sal self moet gaan naslaan, want net omdat ek die bybel deurgelees het, beteken nie ek onthou alles nie.

    Mense sê graag (ekskuus, ek weet nie wat jou uitgangspunt is nie, dus beskuldig ek jou van niks nie) die bybel is vol seks, mense met klippe doodgooi, nasies doodmaak, moord en doodslag, et al. Dis nie goed genoeg nie. Ek wil graag weet waarna jy spesifiek verwys, as dit moontlik is.
     
    EN, wil jy graag hê die "Christendom" moet heel verdwyn en indien wel, van watter "Christene" sou jy dan praat? Ekskuus ook vir al die vrae maar ek verstaan nie als-inklusiewe idees nie.
     
    Groete
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top