Ek het diè jaar op ’n missie gegaan om klassieke SA-popmusiek uit my vroegste tienerjare op CD op te grawe. Moeilik, maar nie onmoontlik nie. Peter Muffay met sy “You”, wat later “Du” met ’n groot orkes vol klassieke instrumente as begeleiding gegroei het internasionaal, is 1 wat uitstaan. Tog is daar ook The Flames se “For your precious love”. Die bruin groep het later saam met die Beach Boys beweeg. Die temalied uit ’n klassieke 1969-fliek, wat gemengde huwelik bevraagteken, The Staccatos se “Cry to me”. Hierdie is net 3 popliedjies wat nie net die samelewing beskryf het nie voor “totale aanslag” nie, maar ook weerspieël het. ’n Hippie-bewustheid en -gewete? Wat ek nie van die huidige geslag Afrikaanse musiek hou nie, is die seks en aggressie in 1 frase musiek. Is dit die refleksie van die gemeenskap-mentaliteit? Ek hou nie van dit nie en koop dit nie. Dit praat nie met die siel nie. Die “Radetsky March” is meer gangbaar, met ’n apie wat aan sy stert oor ’n glasie iets hang. In die ou Suidwes Duitse kroeë het hul gewoonlik ’n groot glasbottel gehad met vader weet wat in, die water van die “tot measure” in gehad het. Beslis nie ’n speelmater die volgende dag in die son nie. Dis as jy gesê het “niks” vir my nie. Bring my terug by selfs Gene Rockwell se “Hart”, die musiek was goed, alhoewel die lied amper dronkverdriet vlak was. Êrens het ons ’n stukkie menswees verloor in SA. Die kultuur van “pomp voor iets met jou gebeur” het dieselfde dringendheid in van “pomp voor jy army toe gaan”? Of ek is net lui, maar verstaan nie lekker nie. Waar is die rustigheid en tydsaamheid van Afrika heen met alles en ook in denke?
Hans Richardt

