Rustelose been-sindroom
Ek kon nog nooit regtig stilsit nie
Ek nog nooit regtig ander se woorde verstaan nie
Woorde deurmekaar en gesigte so vaag
Plekke smelt in een en waar gaan ek heen?
REFREIN:
Toe sien ek jou daar
en my voete bedaar
Jy gryp my om die lyf
Jy dans met my styf
My wêreld raak stil
en jy word my geheime pil
Ek kon nog nooit regtig alleen wees nie
Ek kon nog nooit regtig luister nie
Die ure raak jare
Jy klou nog diep in my are
Ek soek jou in die skare
Tussen kuiers en hane
REFREIN:
Dan sien ek ons daar
en my voete bedaar
Jy gryp my om die lyf
en jou woorde klou styf
My wêreld raak stil
en jy word my gunsteling pil
Ek soek jou in die skare, al vir jare
Ek probeer jou gesig nog steeds herroep
Dinge raak minder deurmekaar
My voete wil-wil bedaar
Ek kan nou alleen sit
En ek kan selfs vir jou bid
REFREIN (x2)
Nou sien ons mekaar nie weer nie
Dis nie in ons beheer nie
En dit maak ook nie regtig seer nie
Want dalk was dit in my kop
En ons was net kinders
En kinders weet nie van pille wat kwale kan stop
So, ek sien jou nie daar
My voete kan nie bedaar
Jy gryp my nie om die lyf
Jy hou iemand anders styf
En ek het nie my pil nie (x3)
En my kop raak nie stil nie
So nou dans ek in die reën
Ek probeer my hart uitleen
Ek vergeet van jou
En wat sou
Ek sien jou nie daar nie
My voete bedaar nie
Jy hou my nie styf nie
Ek is nie jou lyf nie
Ek dans alleen (x 4)
Maar elke nou en dan
kan my voete bedaar
My wêreld raak stil
Want ek weet:
Ek het iewers nog ? pil
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


