Op pad kerk toe vanoggend het ek ’n besluit om met ’n ander minder bekende pad te ry. Die kinders vra waarom die pad dan, ek antwoord: "Het net so gevoel."
Sowat 5 km verderaan was daar ’n fietsongeluk.
Ek het stilgehou by die fietsongeluk.
Dit is toe ’n man en vrou op tandem - man (52) het hartaanval gekry en van die fiets geval.
Hy is nou net by hospitaal dood verklaar, het hul my geskakel.
Wat ’n voorreg om vir die vrou en hul dogter (16) daar in die veld te kon bid en vertroos.
Verrassende ’erediens’ en tog wonderlik.
Die vreemde pad kerktoe was toe nie so vreemd nie, maar duidelik bedoel.
Ek het weer besef dat elke mens moet sekermaak hy is gereed om te sterf - die weduwee kon langs haar man vertel hy is ’n gelowige wat sy getuienis uitgeleef soos vanmôre voor hul gery het - hul het eers hande gevat en saamgebid.
Ek kon met haar saamstem dat hy inderdaad in ’n nuwe lewe leef en dit vir ewig.
Prys die Vader!!
Herman Jansen

