Met die huidige debat mbt rassisme, het dit my aan die dink gesit.
Ek, soos menigte ander blankes voel verontwaardig, selfs woedend oor die gedurige aantygings dat blankes by uitstek rassiste is.
Hierdie persepsie gaan nie oornag onder anderskleuriges verdamp nie, en soos dit tans lyk, word dit onder hulle verskans. Inteendeel, indien dit nie verander nie, gaan dit vir die blankes in die toekoms gevaar, selfs lewensgevaar inhou.
Daar is geen oplossing in die saak om anderskleuriges, as teenvoeter, hulle eie rassisme uit te wys nie, want hulle glo dit eenvoudig nie.
Ongelukkig het blankes in die verlede groot skuld, selfs institusionele skuld aan rassisme gehad, en ongelukkig ook vir hulle, is daar steeds vandag ’n aansienlike minderheid, duimsuig geskat, nie ver onder die 50%, wat steeds hulle rassisme van tyd tot tyd onder provokasie laat deurskemer om vining deur anderskleuriges aangegryp te word om die breër blanke gemeenskap daarmee te looi.
‘n Georkestreerde strategie onder blankes sal opgestel moet word om hierdie negatiewe persepsie teenoor Suid-Afrikaanse blankes finaal die nekslag te gee. Onder Afrikaners; kultuur organisasies, kerke, AfriForum, sakekamers, die nuusmedia, opvoedings instansies, ens moet onder een sambreel vir die doel saamgesnoer word.
Wat verdere aanleiding hiervoor gee is dat blankes, veral die Afrikaner, onbewustelik laer begin trek in reaksie tot diskriminasie teenoor hulle toegepas. Die “ons” en “julle” sindroom wat vir anderskleuriges aanstoot gee.
Ek en jy as enkel persone kan weinig verrig. Dit verg die wil van die breër blanke gemeenskap om betrokke te raak om van die saak ’n sukses te kan maak. Een voorstel wat ek wel het, en dit is dat alle blankes ’n swart taal as tweede taal vlot aanleer. Dit in sigself sal veel help om brûe in ’n erg verdeelde gemeenskap te bou.


Kommentaar
Jaco,
Is die optrede van die huidige regerende bevolkingsgroep, maw die swart meerderheid, teenoor die wit minderheid van so 'n aard dat dit die wit minderheid veilig, 'n deel van die land, regverdig behandel laat voel? Of laat die behandeling hulle voel om laer te trek? Reaksie na aksie, plaasmoorde laat die witman in suburbia nie sy veiligheidsheining as oorbodig sien nie. Die wantroue is diep en elke klap wat die meerderheid uitdeel maak dit nog dieper.
Ek kan nie sien hoe die veiligheidsituasie gaan verbeter nie, en solank die wit groep in groeiende of blywende gevaar is, sal verhoudings nie verbeter nie, veral nie van die meerderheid se kant nie, hulle het die ander aan die kort krulleriges beet en hulle gaan nie los nie.
Duitswester
Duitswester
Lees ook my respons op Jan se brief as gedeeltelike antwoord op jou respons hierbo.
Die lot van die blanke in hierdie land vandat hy in 1652 hier sy voet aan wal gesit het, was ononderbroke tot die hede lewensgevaarlik. Deurgaans en geskiedkundig het hy die meeste (nie almal nie) ontberings getrotseer, agv gedurige strategiebeplanning en toepassing daarvan. Dus is daar niks nuuts onder die son vir die Afrikaner nie, net dat die spelreëls, net soos in die verlede, weer verander het, wat nuwe strategie vir oorlewing verg. AfriForum se 10 Oktober 2015 se toekomsstrategie is een moontlikheid daarvan (vergewis jouself gerus daarvan).
Daar is uitsluitlik twee maniere tot oplossing in enige saak: "fight or flight". Diegene oa, wat soos jy, oorsee gevlug het, kan absoluut geen bydrae tot die voortbestaan vir beide Afrikaans asook die Afrikaner, (taal en volk) bydra nie. Julle vorm nie meer deel van die prentjie nie. Julle het gehensop, en sal mettertyd waar julle bly, as kultuur-identiteit algeheel in die niet verdwyn.
Dit is die stoere Afrikaner hier in Suid-Afrika wat die toekoms van beide sy volk en taal gaan bepaal. Om te veg, verg nie die opneem van wapens nie, wel die inwerkingstelling van Afrikanervernuf waarvoor hy verbete bekend staan en beny word.
'n Nuwe gevaar het onlangs ontduik, ten doel om die Afrikaner aan te val, en dit is die aantyging dat Afrikaners verbete rassiste is. Om hierdie gevaar vir hulle te neutraliseer, verg 'n nuwe strategie om sodanig wanpersepsie die nekslag toe te dien.
Ag Jaco,
Dis 'n uitgekarringde ou argument waarvoor ek nie regtig lus het nie. Hensoppers reken jy, ek reken weer dis mense wat besef het die lewensstandaard, standaard van alle dienste, ekonomie wat moet toe gaan, alles wat die witman tot stand gebring het om 'n beskawing mee te bedryf word opgedonner, so vir watter rede op aarde moet mens daar bly? Om te kan sê hy is nie 'n hensopper nie? Word groot man, om te rondborsie met kordate kortsigtigheid is beide amusant en pateties.
Van die Australiese burger wat afgetree op die mooi eiland Tasmania woon en so goed soos vergeet het wat misdaad is, waar die infrastruktuur opgepas word, waar toeriste veilig is, waar ek nie diefwerings het nie, waar die hospitale skoon is, goed beman is, waar die polisie professioneel is, waar dinge is soos wat dit was voor die witman in Afrika se bewind gestop het, voor die nommer 1 Afrikaner, die gekose en geliefde Staatspresident van die Afrikaner sy eie volk in die put gegooi het.
Dit is waaraan ek die Afrikaner meet Jaco, aan die een met die verantwoordelikheid vir die beswil van die volk wat egter die volk verraai het tot 'n vlak wat nie ongedaan gemaak kan word nie, die volk verdoem het tot waar hy altyd sal moet aanpas, uitwyk, koes, afstaan, opgee, niks wees nie. Jy sê ons wat emigreer het sal verdwyn, dis ook so, die Afrikaner was van sy ontstaan 'n "flash in the pan". Terloops, ek is nie 'n Afrikaner nie.
En Jaco, stadig oor die klippe met die beledigings van die wat emigreer het, waar kom jou voorvaders vandaan? Immigrante, of hoe? Van êrens uit Europa geëmigreer, dan nie? Pioniers of hensoppers?
Duitswester