Prinses van Wallis
Die lewe is ’n tonnel
’n duisend flitse om jou heen
tussen mure vasgebondel
flenters van siel en been.
En bo sirenes en ligte
bo die gejaag altyd die stof
tot jou eensame vlugte
in donker stilte ontplof.
Refrein:
Daarom Prinses, Prinses van Wallis
sing ek nou dat liefde al is
en al ons glans net maar skans
soos naellak op die siel.
En ook Prinses, Prinses van Wallis
al sê almal dat ek mal is
is in elke keep reeds ’n streep
oogskadu wat verniel.
Begrawe op ’n eiland
met net die water om jou heen
en die ure slyt die snykant
verstomp die klip en steen.
En elke winter die storie:
iets wat vergeel, ja, minder blou
want die enigste glorie
is blare wat val om jou.
Refrein:
Daarom Prinses, Prinses van Wallis
sing ek nou dat liefde al is
en al ons glans net maar skans
soos naellak oor die siel.
En ook Prinses, Prinses van Wallis
al sê almal dat ek mal is
is in elke keep reeds ’n streep
oogskadu wat verniel.
![]() |



