verf eendag my bloed teen grotwand vas,
gooi my beendere vir krokodille, hiënas,
laat my terugkeer na Gondwana, Moeder,
ja, waar voorouers almal vandaan ontstaan
laat my Siel, Gewete, Mens-wees, kanala, met rus,
laat my terugkeer na riviere, klowe, van Paradys,
waar my Vader vir Sy verlore Kind Staat ’n Wag,
huil s’blief nie, snot-’n-traan, oor my wegwees,
sou jul maar net wis, hoe salig Lewe Twee is
dus – net naam, van, geboortedatum, dood,
niks tussen-in betekenisvol, van veel waarde,
ten minste nie in Lewe Een, op deesk’ Aarde,
want uiteindelik, is’t net memorie, herinnering,
onthou, van Perfektheid, wat lei tot Oorwinning,
via Verlossing, Self-Emansipasie, Bevryding,
via ge-Predetermineerd Gewete-Herwinning
absoluut onafwendbaar, heel onvermydelik,
’n soort van pre-mortem Spiritueel Besinning,
uiters intensief, Homo Sapiënties, progressief,
konkretisering van Openbaardersopenbaring,
afskeid van alles so Self-verloënend, nie-lonend,
Self-destruktief, soos “Duiwelspiek”-dissipelskap,
Millennium Drie Mens se “ras”- en “klas”-teorie
laat Homo Sapiens Sapiens ma’ terugkeer,
Masibuye Gondwana toe, straight indaba,
laat Mens in Lewe Een als regkry vir Twee,
nie sommer net Gewete aan sjatan oorgee
Jacobus Faasen

