Porselein
Alleen in ’n hoek met skadu’s omring
geen lewe of lied te gewaar deur die ruite,
koud en hard met net stilte om te bied
broos en uitgebleik van binne en
buite. Weggegooi soos stukkende porselein
net herinnering oor vir troos,
pottebakker se droom vir sy skepping verniel
pop gekraak deur die wêreld se siel.
Toegedraai in koerantartikels vir beskerming
was die waarborg vir perfekte porselein,
maar harde woorde breek deur papier en klei
en deurdring die dop tot die sagte my.
Hul woorde breek deur my mooi geverfde troos
en verdun die dop en kraak my meer broos.