Poenskop

  • 4

Ek het regtig nie R11,000.00 om vir ’n HAT te betaal nie so help my asb iemand wat het – ek het altyd gedink “poenskop” is ’n ander woord vir kaalkop.

Stem die HAT saam of is dit net van toepassing op beeste sonder horings?

(LitNet is mos die webwerf waar mens sulke inligting behoort te kry?)

Santi

Pharos sê: 1. Dier wat normaalweg horings het, maar nou sonder horings is. 2. Vis. Maar hoe steek my kinderdae-herinneringe nou by my vas? Ek onthou dan net hoe Trompie se hare "poenskop" geskeer was. Of wat praat ek alles? Weet iemand anders nog iets van hierdie frase? Naomi M, inhoudsbestuurder

  • 4

Kommentaar

  • Naomi

     
    Toe ek en my broers nog op laerskool in die platteland was,  het my pa ons hare geskeer.  Baie kort en dit was genoem  poenskop.  Die meeste jong seuns waarmee ek grootgeword het, se koppe was ook   poenskop.
     Die hare was so kort dat daar nie eers sprake van 'n kuifie was nie. Die hare van 'n ware poenskop, was ongeveer 1-2mm lank.
     
    Ek ken ook die uitdrukking van 'n poenskopbees.  Dis 'n bees sonder horings.  
     
    Enjee
     
  • Ek stem saam met Daniel, Poenskop is 'n woord vir kaalkop/blêskoppe, kortgeskeerde koppe en horinglose beeste. Dis hoe ek dit my lewe lank ken.

    Die groot gevaar vir sulke bakgat, veeldoel woorde is gewoonlik die Afrikaanse Puritane.

    Duitswester

  • Destyds, net soos jy intrap by SAW en Seuns, het hulle jou poenskop geskeer, so ook as jy in die tronk beland het.  Op koshuis was baie van ons se styl poenskop omdat a) dit niks gekos het nie en b) enige ou kon die haarkapper wees.
    Ek het altyd gedink horinglose beeste is so genoem na aanleiding van die benaming vir haarlose mense maar dit kan andersom ook wees.

    Duitswester, ek kan nie sien dat sulke veeldoelwoorde die puriteine kan pla nie; dis die Engelse woorde, sou ek sê, wat hulle pla. Veeldoelwoorde kry mens oral.  Vat nou maar die Engelse 'you' , hulle gebruik dit vir 'jy', 'julle' en 'jou'.

  • Dag Jan,

    jy laat my terugdink aan daai eerste kennismaking met SAW en Seuns. Man sit en gesels diep stories met 'n ander takhaar  voordat hy in die haarsalon instap. Wanneer hy uitkom begin hy weer met jou praat en al wat jy kan doen is wonder wie de donner hy is.

    Cheers

    Duitswester

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top