"Owamboland" deur Renè Hvidsten

  • 0

Owamboland

Skool was klaar, ek was 18 jaar, lewe het pas begin.
Toksak gepak, trein geklim, die onbe-ken-de in.
Geweer gedra en Liewe Ma, Dear Johnny het als gevra
So baie dae, ’n brief van Pa: Seun skryf tog as jy kan.
Owamboland.

Owamboland.

Ma skryf: ’n Lang pad voor, maar jy kan daar oor,
Dit maak van jou ’n man.
Seun skryf tog gou, ons mis vir jou, jou lewe lê
nog voor
Ons wag vir jou.

Owamboland

Kaplyn oor op die ter se spoor, waar het ek my jeug verloor
Kwêvoëls wat roep, granaatrooibloed, koeëls wat ’n lewe soek.

Owamboland.

Eggo’s wat koggel, soos ’n seun wat roggel, het ek my dit verbeel
Seuns huistoe gestuur, ’n lewe so duur, houtkis met lood verseël.
Het ek my dit verbeel

Owamboland. Owamboland. Owamboland.
Was aan die brand

Gister ‘t my seun verjaar, hy is agtienjaar, sy lewe het pas begin.
O waarheen is die tyd, ek’t vir hom gekyk en gesê:
So moet ’n seun mos lyk
In Suid-Afrika.

Suid-Afrika. Wil die reënboog dra. In Suid-Afrika.
Suid-Afrika.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top