Ouditorium
die meisie met die lang swart rok
stryk die tjello
met hande
wat soos duiwe
oor somber snare gaan
soos duiwe
oor somber snare gaan
bittersoet klank die tjello
die melankolie
van haar bestaan
die melankolie
van haar bestaan
troosteloos stort die akkoorde
in ’n stormsee van harmonie
waarin haar hartseer nie wil vergaan
en word die tjello
’n stille, droë traan
’n stille, droë traan
![]() |



