Op soek na jou eie waarheid
Gedagtes in die kamer vul die oë van die ewigheid
Gedog, gedink verlaat, maar so kom weer terug.
Iets van geen wete tot self of tot ander.
Wete wat dwaal tussen nêrens en niks.
Vind die wiel wat draai die kant wat hy eerste getrap het.
Of word daar gesoek, in plekke van die verleë.
Genot straal uit tot die res, maar op die dag van rus vind die gedagtes geen einde.
’n Einde wat seermaak al sit hier vrede langs my
Iets soos geen ander – soos ’n diamant in die woestyn
Vertrap en verlore, geen sig tot die ware glorie wat hy verdien nie
Tog later het die duine geskuif, en iets so spesiaal ontbloot.
Homself gevind en afgestof, en sit nou aan my sy.
Met vrede, passie en volhard sal die diamante die harte van ander reinig.
So passie moet nie misgekyk word nie
O hoor my lied as ek sê dat die diamante die wêreld se oë sal herinstalleer.
Maar op die dag van rus het my gedagtes my verlaat.
Ek moet die net vir jou ontbloot, gedagtes het my gedruk tot vingers wat val in orde
Om vir jou, ja vir jou iets deur te gee.
Jy is ’n Diamant herwin in sy glorie
Jy is iets wat die wêreld raaksien ...
Jy is herwin en ek sê weer:
Jou verlede is hoekom jy so spesiaal is.
Vir ’n diamante om gevind te word waar ’n duin eers was
Is ’n storie van die minderheid.
Jy het oorwin
Jy het gewaak oor die nagte van drome in swart gange
Jy het gedruk toe daar niks krag meer was.
Jy is dié soos geen ander
Vertel jou storie vir die wêreld
Vertel jou storie vir jouself
Stories is nog altyd tog so interessant, maar woorde sal leer, waar ervaring bou ...
![]() |



