Ek kan darem lekker draadsteek met ou snobistiese hommelbye hier op LitNet. Ek is in werklikheid min gespin oor wat enige vrou oor my kwytraak of te sê het. Ek slaap lekker by myself met vuil skurwe hakskene as ek wil, wanneer ek wil. Ek kan poep en snork en in my neus grawe of snot suig en spoeg. Niemand kak en kou as daar briekmerke in my onderbroek sit of as my naels vuil is nie. Ek dra my stukkende jokkies en sokkies. Ek is bevry en gelukkig. Ek sit nie met ’n “trofee” wat in ’n tweesnydende swaard verander, met ’n skalpeltong, wat sny en sout in wonde invryf vir dekades lank nie. Op my ouderdom pla die kliere en hormone nie meer nie en is ek meer soos ’n Lister, solank drom vol water is, oorverhit ek nie. Jis, maar kan ek lieg.
Hans Richardt

