kyk, oggenddou traan stadig af
spat soos opinies heen
en kleur my groen en kleur my swart
my koper en my steen
my blik bly strak
my houding só
oogwink in tyd gesmee
tog, gedagtes kwel in my
ek dink hul deur
dan weer
so word ek ’n anderling
al bly my blik versteen
wat toe was en wat nou is
het ek help konteks gee
en oor my plein
het stemme eers gestruikel, toe gesteun
onmerkbaar stadig voortbeweeg
en uit beton geskeur

