17) Engelse omroepers sal aangestel word op grond van hulle Boer-ofilie (nog nie in die woordeboek nie) want dit sal hulle taak wees om Afrikaans onder Engelssprekendes te bevorder. Hulle sal dus op gereelde basis Afrikaanse gaste nooi (soos Willem Pelser byvoorbeeld met Engelse gaste ... of is dit nou Etienne Ludik?) en Afrikaans met hulle praat. Hulle sal alle Afrikaanse woorde (soos dorpname, eiename ens) op Afrikaans uitspreek en die kamidlaka (nog nie in die woordeboek nie) uit die Engelssprekendes irriteer as hulle Engelse omroepers so stoei met die Afrikaanse 'r'. As Engelse omroepers vreemde woorde teëkom sal hulle dit op die Afrikaanse manier probeer uitspreek (en 'n groot verleentheid vir diegene wees wat nie Boer-ofiele is nie).
18) Kwekers, selfs al is hulle Engelssprekend, sal nuwe variëteite Afrikaanse name gee.
19) Kwekerye sal die plante onder hulle Afrikaanse name lys.
20) Engelse liedjies sal vol Afrikaanse sinsnedes wees en woorde soos 'meisie', 'bokkie', 'bekkie', 'liefie' en 'aster'.
21) Besprekings op die sportkanale voor rugby sal in Afrikaans wees. Rugbykapteins en presterende spelers sal Afrikaans praat in die onderhoude na die wedstryd. Die verstekuitsaaitaal sal Afrikaans wees en met die knoppies op die afstandbeheer kan Engels of Xhosa dan gekies kan word.
22) Onder die Engelssprekendes sal daar ook die ekwivalente wees van mense soos Max du Preez; mense wat, alhoewel Engelssprekend, boeke in Afrikaans skryf.
23) Die hoftaal sal Afrikaans wees. Eiendomskontrakte ens sal in Afrikaans wees.
Dit klink verskriklik; sal Afrikaners ooit so arrogant wees om so-iets soos vervat in voorafgaande 23 punte te bedryf? Of, aan die anderkant, sal iemand aan die ontvangkant sulke str#nt duld? Ek twyfel; ek glo nie Afrikaners sal so ver gaan nie en ek glo nie die Engelse sal so-iets duld nie. En tog, die omgekeerde is aan die gang en ons Afrikaners aanvaar dit geduldig, gedienstig en gedwee, werk nog mee daaraan ook kan jy glo.
Jan Rap

