Jy, en jou oë, en jou lag, deur jou trane
Jy, en jou hart, wat jy dra, op jou mou
Nog al die jare
Jy met jou hand oor jou hart
Met jou vingers vas oor al die stukke
Jy weet hoe jonger ’n hart, hoe groter die hoop
Jy’t verander hoe ek nou deur die lewe loop
Dit het só seergemaak, ek sal jou nooit vergeet nie
Maar dit het my sterk gemaak
Ek wou jou nooit verloor nie
'n Volle waker dag is 'n lang dag
Ek't gebid dat ek en jy dalk eendag by mekaar uitkom
Tussen denke en drome raak woorde verlore
Hoe kan die mond beskryf wat die hart wil sing?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

