Ongetiteld

  • 2

Ricardo Arendse

Bruin man
Mulatto
Dalk net koperkan
So elke nou en dan
Mens.
Deur wie se are bloed
Vreemde bloed vloei.
Khoisan
Boesman
Maleier
Europeër
Man
Wie ontuis is in sy eie
Land.
Moenie net die boom afkap nie
Ontwortel hom!
Suig die bloed uit sy are en
Verbrand hom
Begrawe hom!
Sy mens, nie mens nie
Sy siel, nie meer siel nie
Sy geloof nie meer geloof nie
Hy’s ’n dop
Leeg en lelik …

Koperkan
Vol stof op die winkelrak
So elke nou en dan
Iemand wie aan hom vat
En terugsit
Wegstap en vergeet
Mulatto
Khoisan
Boesman
Europeër
Man.
Stem, nie meer stem nie
Lyf, nie meer lyf nie
Wangbene nie meer mooi nie.
Die kroes en roes van sy hare
Lag!
Taal nie meer taal nie
Mens nie meer mens nie.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top