"Om te hoop my kind, tot weersiens!" deur Maritza Meiring

  • 0

Om te hoop my kind, tot weersiens!

Wagtend op hierdie eensame stasie,
Net een klein tas as bagasie,
Hunkerende hart en soekende oë,
Wag ek op die stasiebank vir jou.
Die lug vandag gebroke en rou,
Die bankie vanaand my koue bed,
’n Koerant gebruik as kombers,
Lees ek vanaand vir jou ’n Bybelvers.
Ver in droomland jou opgepas,
Nou die laaste trein verpas.
Met die middernagdonker om my,
Besef ek jou trein kom nie na die stasie,
Sy roete sluit by die hemelruim.
So liewe Heer my hartsgebed is dat jy my engelkind
Verewig hou en ek sal al die herinneringe koester,
En nie meer dink aan my verlies, my minder knies.
Ek verlaat die eensame stasie met ’n ligte hart,
Weg is die koue smart.
Die trein fluit,
Die hartseer weggesmyt!
Soet wees my kind, jy is tuis, sing en jubel
Saam die engelkoor, ek luister, ek het nie my stryd verloor
Ek is verlos van alle seer, God het my die weg gelei.
Tot weersiens my kind ... nie totsiens!  

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top