Nuwe jaar en nuwe voorspoedighede?

  • 2

Foto: Pixabay

Die jaar 2020 het gekom, omgekrap geraak, en het in die ewige verlede en niet verdwyn. In dié jaar is die mensdom tot stilstand en stilstuipe geruk. Daar is vriend, vyand en familie in baie gevalle nie meer met ons nie. Die virus het oor die wêreld gesweef soos die doodsengel en het geoes onder die mense. Die mense se weerloosheid, verganklikheid en kwesbaarheid is blootgelê. Ons is nie wie ons dink ons is nie.

Dit maal in my gedagtes wanneer gaan die malligheid einde kry. Intussen word ons verarm deur ’n totaal onbevoegde struikrowerbende wat geen maar geen gewete of swympie skaamte openbaar nie. Ek weet net nie hoe lank dit nog so kan aangaan nie. Ek kan dit ook nie kleinkry hoe dit toegelaat word nie. Ek glo elke hond kry sy dag en ’n brak ’n langnaweek.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Ek vermoed self ons is nie wie ons dink ons is nie.

    In Very Interesting (ʼn tydskrif gepubliseer in assosiasie met BBC Science World) lees ek onder die opskrif Existential fear of the day (Jan/Feb 2020) dit is heel moontlik dat ons in ʼn simulasie leef waar niks ‘werklik’ is nie. Dit is klaarblyklik nie ʼn nuwe idee nie, maar Nick Bostrom, ʼn filosoof aan Oxford Universiteit het nuutgevonde populariteit hieraan verleen ‒ die gedagte is verder ontwikkel deur Rizwan Virk, professor aan MIT. Blykbaar sal ʼn rekenaar met voldoende woema ons eie wêreld kan naboots (met karakters net soos ek en jy wat bv. ʼn Covid-19 en al meegaande drama beleef). Só kan dit dan selfs wees dat ons in ʼn simulasie van ʼn simulasie in ʼn simulasie ad infinitum bestaan.

    M’m. Maar, maar, maar: “… all any of us will ever know is limited to what we can directly perceive, and whether our ‘reality’ is more or less real than some other version we can imagine, is ultimately a fairly meaningless question.”

    Ag, nietemin, wanneer gaan die malligheid einde kry?

    Kognitiewe dissonansie word in die Nov/Des-uitgawe van bg. tydskrif bespreek (sien https://www.frontiersin.org/articles/10.3389/fpsyg.2018.02218/full vir meer inligting) en sê Sirion Robertson: “On the rational side of stress-induced escape reactions, one could postulate ‒ very tentatively indeed ‒ a global meeting of minds on the matter of humanely but firmly addressing our numbers problem (population size is strongly relevant to the likelihood and severity of pandemics). One small (rational) step towards this would be the acknowledgement that we are ourselves a disease ‒ a plague, a pandemic, a disaster on a greater scale than has ever before existed.”

    Schade.

    Dus: Volgens my berekening is ʼn miljard verbeelde mense voldoende in dié verbeelde wêreld en mag minstens 50% van die verbeelde oppervlak nooit weer aan iemand behoort nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, ek dink ons gaan 'n swaar jaar hê.
    Dis warm, die muskiete, vlieë, sprinkane, torre en hotnotsgotte is erg agv reën in die Noordkaap.
    Sien, met elke voorspoed kom ook teenspoed, om alles te balanseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top