Vissers van woorde is Willem de Swyger se debuutbundel, hoewel hy nie ’n onbekende in die literêre bedryf is nie. Vissers van woorde bevat 60 gedigte en handel oor verskeie temas soos geloof, verlies, waardering vir sy ma, die liefde vir sy taal, Afrikaans en vele meer. Dié digbundel was vanjaar deel van die Woordfees op Stellenbosch as produksie, getiteld Onder woorde, met onder meer radio-omroepers Frieda van den Heever en Nic de Jager asook Glaskas-sanger, Deon Meiring.
Koop jou kopie van vissers van woorde by jou naaste boekwinkel.