"Nooit" deur Andre le Grange

  • 0

Nooit

Skielik snak ek na my asem
Het iets gesien wat ek nie wou nie
of sal ek sê, wat ek nie moes nie
Iets wat my laat voel ek mors my tyd
 
 

Ek probeer dit in my kop kry
dat ek soveel meer verdien
Maar daai gedagte gly net verby
en daar is nie tyd om dit te sien

En voor ek my oë kan uitwas
dink ek weer aan jou
Na ek myself die soveelste keer gedreig het
Ons sal nooit wees, nie toe, en nie nou
Nooit

Ek probeer myself ompraat
dat ek fine gaan wees
Maar ek weet nie, my ou maat
Ek verlang na jou vlees

Verlange wat onbeskryflik is
Dit voel skoon swart
Dis seker net die smart
Maar wens ek was nie meer bewus

Jou perfekte lippies en jou mooiste glimlag
Jou sprankelende ogies en oulike neusie
So saam met die persoonlikheid
Hoe kan ? mens dit nie wil hê?

Maar die gedagte is nie meer goed genoeg
Ek is nou al te moeg
Te moeg om net te wonder
oor wie ek hier sit sonder

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top