Volgens my was die antie die enigste politikus wat "bols" gehad het. Sy het in die stoere Ingelse samelewing haar merk gemaak en het van niemand en niks nonsens gevat nie. Volgens my kry jy 'n gewilde of 'n goeie leier. Sy was 'n goeie leier.
Ek sal probeer verduidelik. Ons agbare ikoniese afgetrede president was 'n gewilde leier. Hy het almal probeer tevrede stel en het die regte geluide gemaak en was almal se pel. Jakkals en muishond het hom verafgod.
Die goeie leier neem ongewilde besluite en het die moed van sy/haar oortuiging om daarby te staan en te val. Jy kan onmoontlik nie almal tevrede stel nie. Sy het besluite gemaak wat nie byval by almal gevind het nie maar op die lang termyn wel vrugte afgewerp. Jy kan ook sien wie kritiseer haar nou in haar afwesigheid. Die muishonde. Hier by ons is daar mos 'n jafel wat geseg het dat hulle geen traan sal stort nie. Die rede daarvoor was die antie het deur hulle gesien en was bewus van wat hulle is.
Dit is 'n ou storietjie: Tant Winnie het mos in Ingeland gaan kuier. Op 'n dag is sy waar tant Maggie ook is. Sy beur haar toe tot by tant Maggie en seg toe. " I hear you are the iron lady of this country, I am the iron lady of my country" tant Maggie antwoord. "who do you iron for my dear"
Reusedwerg


Kommentaar
Hello Reusedwerg et al