Duits in Namibië is nog eg hoogduits uit ’n vervloë era, wat selfs Duitsers uit Blokkopland laat struikel. My vraag, na aanleiding van Jan Rap se geteem oor Afrikaans en diè se voortbestaan, is hoe Duits dit gemaak het vir byna ’n eeu, na dit eers met Afrikaans en nou met Namlish onderdruk is? Êrens in die hele hartseer verhaal, is daar sekerlik ’n paar pragmatiese lesse te leer. Met ’n Duitse skool in Windhoek, Afrikaanse en Engelse skole die res van die land vol, was Duitse taal en tradisies sekerlik tot ondergang gedoem? Dan, ander minderheidstale en kulture, soos Portugees, is ook springlewendig in n land soos Namibië, met selfs ’n koerant. Die mense het sekerlik ’n geheim? Jan Rap se moedertaal, was sekerlik Engels, met sy ma uit ’n Engelse convent skool. Die Franse Belge het lekker Vlaams met ons gesels en hul was uit Belgiese Kongo vroeg in sestigs, na Mau-Mau hul oploop gesit het daar. Tog is daar nog ’n Afrikaanse kerk in Kenia. Ek dink daar is selfs in Bengazi en Kairo Afrikaanse gene gelaat in WO2. Is Afrikaner nie net inheems in Afrika nie? Tanzania was tog Duitse Oos-Afrika, tot 1914. Ek wonder of Afrikaans nie net in metropole ondergeskik is nie, want in Noord-Kaapse platteland is Engels nog uitheems. Ook is die dialek darem baie minder Jan Rap daar. Pram is nog ’n woord vir koei melk of ’n bors en nie “pram”, die stootkar vir babas nie. ’n Koppie gat is koffie, nie ’n gat, stel boude, wat rond is nie. Agerop se hare waai nie deurmekaar agterop die bakkie nie. Ja, so verskil die streektaal en kan 1 term vele betekenisse hê.
Hans Richardt

