… is hierdie manier van Afrikaners om Engelse woorde in die Engelse sleutel uit te spreek as hulle Afrikaans praat. ’n Engelsman sal nooit sê “Johannesburg”, “Pretoria” of “Klerksdorp” as hy Engels praat nie, hy sal sê “Dzjouhennisbûgh”, “Pwetôwië” en “Klaaksdôp” en heeltemal tereg ook want, om dit op die Afrikaanse manier uit te spreek as jy Engels praat, klink simpel.
Nou hoekom maak ons Afrikaners ons naam so gat om ons gewone tril-“r” (of bry-“r”) na die swak “w” te verander as ons Engelse name of woorde gebruik? Daar is byvoorbeeld ’n omroepster wat gereeld van “Widgettsbaai” in plaas van “Richardsbaai” praat. Omtrent almal op RSG praat so en die omroepers op Radio Pretoria en Radio Oranje doen dit ook klink dit my die paar keer wat ek die geleentheid gehad het om na hulle te luister.
Hoekom? Daar is selfs Engelssprekendes wat nie hierdie swak “w” gebruik nie; die Skotte byvoorbeeld en ’n hele klomp Johannesburgse Engelssprekendes.
Nog is dit het einde niet: Van ons Afrikaanssprekendes gaan so vêr as om enige vreemde woord, Franse, Spaanse en Italiaanse woorde, op Engels uit te spreek: “Renault Sandero” word “Wennou Sandêwou”, “paparazzi” word “papawazzi” en “Aguilera” word “Aguilêwa”. Waansinnige gedienstigheid.
Jan Rap

