.jpg)
Tussen Oscar-gesprekke met sonskerm-gesigte, lek aan my goedkoop rooi suckka (wit mense noem dit "flavoured lollies" – nie die boere nie, rassis, die rooinekke van die Kaap!) en my huidige vinger in my kamermaat se peanut butter (Jammer, Russell Johdan Noël Ehrenreich) was my dag darem vreeslik onplesierig. Ek staan toe mos op en raak van vooraf verlief op groen. "I had a vision of GREEN." Die Mariah Carey-fans daarbuite sal weet. My kas help toe mos die muisneste aan (van groen, nie liefde nie!). Groen kortbroekie, wit Dirty Sanchez-hemp (dis my SEKSIE hemp), swart plakkies en my pa se oertyd-skoolsak is ek toe mos reg vir die dag. Tienuur in die isiXhosa-klas voel dit mos asof Mbeki (Zuma is Zulu, okay) met my ’n privaat gesprek het waarop ek nie eers kan verbeel om te antwoord nie. Die lektrise doen revision en ek het gelukkig my notas byderhand om te help om vir Mbeki te antwoord hoekom hy nie meer ons President is nie (Ek sê mos Zuma is Zulu, okay!). Daarna was ek weer op pad na ’n Verniet-funksie. Dis nou nie rêrig ’n funksie nie, maar wel talentvolle drama-studente se Physical Theatre-eksamen, maar ek het gevoel dit was ’n funksie. Verniet-funksie was dit INDERDAAD, want verniet R1 JC-bompies is verskaf vir die hitte en loop. Ek was toe nog in die hemel. O en toe begin die engele met my praat want toe sien ek vir Willie le Roux in Java Café. Mens, ek stap nog en kyk hoe lekker ander mense hulle Vidae Lattes drink (as Vidae Lattes verkeerd gespel is, vergewe my – spyskaarte was nog nooit boeiend nie. Ek weet wat ek gaan bestel nog voor ek geld het om dit te KAN bestel) en daar sit ’n Springbok met sy pelle reg voor my. Die beskaafde, wel-opgevoede, toekomstige akteur (ek bedoel eintlik WAITER) wat ek is, kyk en groet hom maar loop vinnig verby en gaan raak mal agter ’n GROENBOOM so ’n entjie weg van die toneel. Ja, toe is ek af. Ek was OP oor ek Willie le Roux gesien het, ja, maar ek was AF vir twee ure in my klasrooster. Terug departement toe, groet die toekomstige akteurs en aktrises wat daar sit en gaan sit later onder die skadu en lees eers ’n boek van Zirk van den Berg (Dankie, Antionette Kellerman. Hierdie man se outydse Afrikaans gee moerse aardskokke in my woordeskat!) en toe later Koos Kombuis se "Mamma is nie ’n taal nie". (Dankie. Weereens. Antionette Kellerman. Ek wens elke dag Koos was my Daddy.). Dis waar Koos se kak (jammer, Mammie), my kak (jammer, Daddy) laat opbring het en val ek toe mos in ’n moewiese gat van... Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Mense na aan my sal weet waarvan ek praat. Elk geval, klas by die bekende Antoinette Kellerman verloop ook nie soos beplan en geoefen is nie en daar loop ek krom-rug verby MacDonalds met my beste vriend Shaun Graeme Carolissen wat hoog daarbo sit en my groet asof ek wel Koos Kombuis se kind is. Ek kry die boodskap van hom en loop verder tot oor die pad en groet ’n man-wat-lyk-soos-’n-famous-director by Hussar Grill, maar hy kyk my aan asof ek dié keer Mbeki se kind is. Maar, die onplesierigheid waarin ek nou is, verander hopelik as ek nou weer Departement toe gaan om te gaan oefen aan REHAB waarin ek môreaand optree in die Neelsie en as ek vanaand die digbundel Penseel se bekendstelling gaan bywoon waar ek een van my laatnag-ek-kan-nie-slaap-gedigte gaan voorlees wat ook in die bundel is. Hopelik, is môre beter.
Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

