"Mismoedig" deur Heidi Jennifer de Villiers

  • 0

Geskryf vir: Enige

Ek sit in ‘n donker kamer
My gedagtes is met wie ek vergader
Ek het net myself om na te luister
Snaakse idees wat in my oor kom fluister

Ek besef wat in my binneste aangaan
Dis die grootste besluit wat voor my kom staan
Is dit die moeite werd om voort te leef
Of moet ek na die maklike uitweg streef?

Alles begin om my kolk en draai
Dis my lewe wat aan ‘n toutjie swaai
Want ek is mismoedig –ek sien die groen lig,
Die rooi lig, die wit lig, die swart, swart lig

‘n Klemming om my hart is wat ek voel,
Die wêreld waarin ek leef het my gebreinspoel
My wys gemaak ek is nie werd genoeg
My gereeld vol vrees laat uitkruip by die kroeg

Alles begin om my kolk en draai
Dis my lewe wat aan ‘n toutjie swaai
Want ek is mismoedig – ek sien die groen lig,
Die rooi lig, die wit lig, die swart, swart lig

Terug af aarde toe is ek met ‘n groot slag
Ek kry van êrens af weer nuwe krag
Kan weer die wêreld vierkantig in die oë kyk
Vat my ou self, vat asseblief my ou lyk

Alles begin om my kolk en draai
Dis my lewe wat aan ‘n toutjie swaai
Want ek is mismoedig – ek sien die groen lig,
Die rooi lig, die swart lig en toe die wit lig

Uit my mismoedigheid is ek eindelik gehaal
Ek het nie God en ook nie myself gefaal
Want ekt opgestaan uit my mismoedigheid
Ek staan voor my nuwe self sonder enige spyt

Alles het begin om my kolk en draai
Dit was my lewe wat aan ‘n toutjie swaai
Want ek was mismoedig –ek sien die groen lig,
Die rooi lig, die swart lig en toe die wit lig

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top