"Lipstiffie-liegbek" deur Francois Bloemhof

  • 0

Lipstiffie-liegbek

(Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...
Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...)

Wel, gedorie halleluja, al die ouens glo
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
ek’s ’n lucky lotto-wenner, en ek sê ook so,
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
want ek het die mooiste meisie in die hele stad.
(Oe-hoe-ha, oe-ha)
As die ander meisies kyk, dan kyk ek anderpad.
(A-hoe-ma-ma, a-ma-ma-ma)

So hoekom is ek dan bevrees?
My liefde is ’n ... naarheid.
Twee dinge sal nooit vriende wees –
my meisie en die ... waarheid.
(A-a-a-a)

En ek sien jou in my drome en ek voel jou in die nag
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
en ek hoor jou in die donker as jy saggies vir my lag,
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
en jy’s iewers in ’n mansion of ’n glitter-gat
(Oe-hoe-ha, oe-ha)
en jy maak my hartjie eina en ek moet dit vat.
(A-hoe-ma-ma, a-ma-ma-ma)

Koor:

Want jy is my,

 

(Jy is my-hy)

jy is my

(Jy ... is my)

lipstiffie-liegbek,

lipstiffie-liegbek,

en ek is jou gek,

want jy’s ’n liegbek.

Jy’s so ’n liegbek,

maar jy’s mý liegbek,

bly tog my liegbek,

lipstiffie-liegbek.

Met jou mondjie so mooi,

met jou lippies so rooi –

o, jy maak my lewe hel!

Laat ek luister, sê my,

watter storie gaan jy

hierdie keer weer kom vertel?

(Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...

Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...

Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...

Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...)

Jy’s my meisie en jy issie, want jy is gesien
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
saam met ’n Simson van ’n ou wat meer as ek verdien.
(A-hoema-ma-ma, a-hoe-ma-ma)
Al jou ekse is nog altyd op jou paartie-lys.
(Oe-hoe-ha, oe-ha)
Soveel SMS’e wat jy nie vir my wil wys.
(A-hoe-ma-ma, a-ma-ma-ma)

Jy sê ek praat net rubbish en
dis alles my ver ... beelding.
Ek voel so moeg en opgebruik
en ek is net jou ... speelding.
(A-a-a-a)

Koor met variasie:

Want jy is my,

(Jy is my-hy)

jy is my

(Jy ... is my)

lipstiffie-liegbek,

lipstiffie-liegbek,

en ek is jou gek,

want jy’s ’n liegbek.

Jy’s so ’n liegbek,

maar jy’s mý liegbek,

bly tog my liegbek,

lipstiffie-liegbek.

Wie’t jy nou weer gesoen,

wat het julle gedoen –

wie’t sy hand daar op jou long?

Hoeveel karre het hy?

Kyk hoe bloei ek, want jy

praat met ’n gevurkte tong.

(Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...
Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...
Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...
Lipstiffie-liegbek, lipstiffie-liegbek ...)

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top