Lenelle Foster – resensent om dop te hou

  • 0

Lenelle Foster se resensie oor Bloujare se stories van George Weideman is ooglopend goed geskryf.

Foster tree goed op as resensent, want sy raak nie persoonlik teenoor die skrywer, George Weideman, nie. Dit terwyl ander resensente dikwels vergeet van die boek en eerder fokus op die skrywer daarvan. Ek voel wel dat sy op sekere dele haar objektiwiteit effens op die agtergrond skuif, en dan klink dit asof haar siening as vrou in die resensie deursyfer. Sy noem dat die verhale ooglopend oor manne handel, en dat dit moontlik ? slegte punt is. Ek verskil van haar siening op hierdie punt, want alhoewel die ruimtes manlik is, is daar oomblikke in die verhale waar vroue wel geprys word vir sekere eienskappe waaroor mans nie beskik nie, dus is die verhale nie heeltemal net op mans gefokus, soos dit uit haar resensie wil voorkom nie.

Waarvan ek hou van hierdie resensie is dat Lenelle Foster haar skrywe baie goed gestruktureer het. Sy begin die resensie met opmerkings oor die voorblad, dan word elke paragraaf daarna ingedeel in spesifieke kategorieë wat sy voel belangrik is in hierdie bundel. Die vertellers, taalgebruik, milieu en dan finaal, dit wat haar as leser opgeval het en die probleme wat sy in die verhale vind, word afgehandel. Dit maak dit baie maklik vir die leser van die resensie om presies te weet wat jy te wagte kan wees wanneer jy die boek lees.

Ek dink dit is oor die algemeen ? goeie resensie, met gepaste taalgebruik, en al is daar op dele ? sekere mate van subjektiwiteit, bly dit baie goed versteek agter goeie woordkeuses.

Philicia Potgieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top