Laat my DNA
Daar is geen groot geheim nie, daar is net leë figure
nog altyd so dramaties grys en leeg
Ek sluk hard aan hulle reëls wat die oomblik wil bepaal
Wat definisie aan ons tyd wil gee
Ek wil stop met die beplan, en ophou voorberei,
Want die deeltjies oorweldig die geheel
Ek wil die sprong maak na binne, dieper reis en meer
Die geheime laat wegspoel met die reën
Laat my DNA en selle, die atome wat my opmaak
Uitroep na die oorsprong van die lig
Ek staan hier in die skadu, my oë op al die aksie
Ek wil minder word,
en wees
met meer substansie
Hou my dan geanker, ek wil net bou op jou
Die sand uitgrawe en fondeer op rots
Daar is so baie vrae en gedagtes wat dit opmaak
Die oorweldigende lae waarteen ek bots
Stroop die leë geeste, en marsjeer hul in die straat
Verwyder die gedaantes wat mislei
Dink jy hierdie details maak rerig ’n verskil
Hierdie oomblik gaan tog net oor ek en jy
*met verwysing na Kolossense 2*
![]() |



