Kreasionisme en evolusie

  • 9

In die argument Kreasionisme vs Evolusionisme gee Thomas hierdie http://www.kletskerk.co.za/articles.php?article_id=91&page=archive skakel.

Die verdediger van Kreasionisme, Pieter Pelser, toon duidelik dat hy sy kennis ivm die evolusieteorie beperk is tot wat hy in kreasionistiese geskrifte gelees het.

Eerstens het die evolusieteorie dit oor hoe lewe met tyd geëvolueer het. Oor die ontstaan kan slegs gespekuleer word, want geen mens was daar om dit te aanskou nie.

Tweedens beweer hy dat evolusie beteken ’n hond word ’n perd. Eintlik behoort die debat hier te eindig, want selfs my tienjarige seun weet dat snert is, want dis netso oningelig as die dominee wat beweer dat mense van ape afstam.

Pelser se kennis van die Kambriese tydperk is ook heel beperk. Hy beweer dat alle vorme van lewe daarin gevind kan word. Wat hy daarmee bedoel sal net hy weet: bedoel hy hond, en perd en mens en dinosourus alles gelyktydig? Ek sal nie verbaas wees nie, want Kreasioniste beweer mos dat dinosourusse en mense gelyktydig op die aarde was. Die waarheid is dat die Kambriese ontploffing sowat 535 miljoen jaar gelde plaasgevind het toe ongewerweldes hulle eerste verskyning in die fossielrekord gemaak het: skulpe van weekdiere, gewrigte van geleedpotiges, eksterne skelette ens. Sommiges het verskil van die pre-Kambriese tydperk, maar die Kambriese tydperk hou geen probleme vir evolusie in nie.

Soos enige ander kreasionis, maak Pelser staat op Goddelike ingryping. Dis alles goed en wel, maar as jy wetenskaplik te werk wil gaan, moet jy dan bewys lewer dat daar ’n God is, en jy moet bewys lewer dat hy bonatuurlik kan ingryp.

Anders is ek bevrees, die evolusionêre model van die geskiedenis van lewe op aarde sal die model van die wetenskap bly.
Angus

 

  • 9

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Ag, Angus, op hierdie stadium weet ons nou wat jou woord oor die dinge beteken - niks. Hierbo het ons net jou woord vir wat jy sê, en dit is bevooroordeeld, ongefundeerd en onkundig - jy verstaan ook oudergewoonte nie wat Pelser alles sê in die konteks daarvan ook, nie.

    Daar is die afgelope tyd 'n pletora van deskundige opinies hier op die forum weergee wat jou darwinistiese religie in vlamme laat opgaan - asook die skamele pogings wat jy kan aanbied om dit te probeer red.

    Darwinisme is op pad uit - baie vinjniger as wat jy dink - julle huis is onherstelbaar verdeeld - in dit is op pad uit.

    Kobus de Klerk

  • Nou goed, Kobus, wys vir my in enige werk van enige evolusionis waar hy beweer dat evolusie beteken hond word perd of enige spesie word enige ander spesie. Pelser beweer dit. Is dit nou 'n bewys van sy geweldige kennis wat hy het?

     
    Wys vir my in enige wetenskaplike werk waar daar bewys word dat alle spesies alreeds in die Kambriese tydperk bestaan het.
     
    Waar het die evolusieteorie in vlamme opgegaan? Beslis net in jou verbeelding en dis wyd. 'n Man se ribbebeen kan daar 'n vrou word.
     
    Natuurlik stem wetenskaplikes nie oor alles saam nie. Hulle toets mekaar en skakel foute en onwaarhede uit. Praat van verdeeldheid; kyk maar na die religie: dis van Moslem tot Christen tot Boeddhis, tot Blourokke tot Tokkelossieaanbidders tot spiritiste tot sataniste.
     
    Evolusieteorie op pad uit? In jou verbeelding, ja.
     
     
  • CorneliusHenn

    PLETORA???  ... hehehe ... kliek hier om te sien hoe die Amigos onse Bose Kobus sou verstaan ...

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jý is die ou met die lees-en-begrip probleem (het dit al verskeie kere uitgewys) – hier is Pelser se woorde vir jou aangehaal, in konteks :

    “Wanneer ‘n hond ? perd word, dán het ons evolusie, maar dit gebeur nóóit – nie nóu nie, en ook nie in die fossielerekord nie.”

    Daarmee dui Pelser aan dat evolusie beweer word plaas te vind wanneer een onverwante soort oorgaan in ’n ander en net soos hond nie perd word, nie, gebeur dit ook met niks anders, nie.

    Maar magtig, die man is gans en al te insigvol vir julle! Sy metodiek en benadering is vir julle net eenvoudig te vêr bokant julle vuurmaakplek. Hoeveel keer het ek dit nie al opgemerk en uitgewys by julle, nie? Die Woord sê julle is dom en dwaas en ons sien dit só – elke keer as ons met julle moet praat!

    Kyk, dis nie net ’n kwessie van hond wat perd kan word nie, maar veel erger – protosoön word hond, perd, tier, bobbejaan, aap, plant, insek en noem die hele lys van alles wat lewe vandag en eindig by mens. Dit is die punt, die een is so absurd soos die ander en dit is die punt wat gemaak word.

    Dit is nie net dat daar wetenskaplikes met verskille is nie, julle is net eenvoudig nie op dieselfde gevorderde begripsvlak as gelowige wetenskaplikes nie – daarom dat julle hulle probeer wegstamp en weg skel as hulle by die universiteite wil aansluit, omdat julle gewoon onder druk van die bekwame en insigvolle kompetisie sal vergaan en verhonger (toemaar, toemaar daar sal wel ’n Christelike welwillendheidsorganisasie of tien wees wat oor julle sal ontferm).

    So, wat julle eintlik vir ons probeer wysmaak, om 'n enkele voorbeeld te demonstreer met 'n analogiese voorbeeld :

    Kyk na die ongeveer 20 volumes van Encyclopedia Britannica inligting (100 gig, of iets dergeliks, hmm?) inligting in uiters gesofistikeerde, geordende formaat in die DNS – julle beweer dit het toevallig oor tyd so ontstaan en toe so gebly! Tja! Weet nogal wanneer om te begin kodeer en veral, waar om te vat en waar om te los, en wanneer om op te hou, die "intelligensielose" toevallige proses van julle, hmm?!

    Maar magtig man, wat julle eintlik sê is iets so onmoontlik soos dít – As jy weggaan en die kat in die huis toesluit met jou rekenaar aan en 100 gig deurmekaar (randomized) inligtingsbisse (nie woorde nie) is daar iewers op die geheue van jou rekenaar in báie verskillende plekke gestoor en dié moet báie spesifiek georden word, en jy keer na baie lang tyd terug (bly solank weg as wat jy wil, jou fabel sal jou mos aan die lewe hou!) dan het die kat, soos hy oor en weer jou rekenaar se toetsbord hardloop in sy manewales agter insekte, muise, koggelmanders, verveeldheid aan, die ganse 20 volume Encyclopedia Britannica klaar geskryf, gedoen in keurige, perfekte taal (wat kat-se-kind hoegenaamd nie self verstaan nie), georden in alfabetiese orde volgens onderwerpe, met ’n inhoudsopgaaf, bronnelys, kop- en voetnote, digitale beelde en al, met sinne, paragrawe en hoofstukke, ens. ens., sónder om ’n enkele keer die “delete” knoppie raak te trap – gereed met die drukker aan vir jou om te druk…

    Maar wag, die kat het beter kans om dit reg te kry as julle evolusie proses - dit is ook nie regverdig nie, want kat se kind is nogal intelligent en glád nie so absoluut intelligensieloos onnosel soos jou toevallige evolusie proses, wat jý en Van Den Heever beweer, dit regkry, nie – nee kat-se-kind is nog gans te intelligent vir dié proses – kom ons gebruik liewer ’n inse… nee, wag. Insekte het ook ’n mate van intelligensie. Tja! Daar bestaan so wragtig niks met bene of lopers wat oor jou rekenaar se toetsbord kan heen en weer hardloop, so onnosel soos jou evolusie proses nie!  Maar tog beweer jy dié onnosel evolusie proses het dit reggekry?!

    Ek weet nie of jy verstaan wat ek vir jou probeer sê nie – maar asseblief, moet NIE van volwassenes verwag om dié darwinistiese fabel en mites te glo, nie.

    Gaan weg daarmee. Die belaglikheid van wat julle beweer (en so wragtig self glo) is te belaglik vir woorde.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Hel Amigo, hier gaat ons alweer!

    Jy en "Pelser" het duidelik die hond en die perd aan die vuilkant beet. Dis ongelooflik hoe verwaand julle met taal omgaan.  

    As 'n hond 'n perd sou word, noem ons dit "transfigurasie" of "transformasie".  

    Dis soos elektrisiteit se hoëspanning omgeskakel word deur 'n "transformator" na laespanning. Dis steeds elektrisiteit (nes die hond en die perd steeds diere kan wees maar bestaan in totaal ander vorme).  

    'n Groter woord is "transfereer". Dis waar vlees vis word ...  

    Nog 'n groter woord sou "transendeer" wees, maar ek skat hier's nou genoeg potensiaal vir verwarring lewenslank.  

    Evolusie beteken geheel iets anders. 'n Sleutelwoord in die definisie van evolusie is "ontwikkeling" - soos in die evolusie van jou begrip wat duidelik baie stadig verloop ou Kobus - daar's maar min sigbare ontwikkeling dusver ...  

    Jou Amigo in Adam,
    Ekke

  • Daardie logiese denke, wat oor die miljoene jare evolusionêr ontstaan het, en geslyp is gedurende jou opleiding as prokureur, is helaas besoedel deur kreasionistiese logika. Jy ken mos al die resep van die kreasionis, jy gebruik dit deurgaans aldag self: maak ? verkeerde aanname en val dit aan.

     
     So: verkeerde aanname: Evolusie is as hond perd word. 
     
     Val dit aan: so: hond het nog nooit perd geword nie, en dit sal ook nooit gebeur nie. Die fossielrekord bewys dat hond nog nooit perd geword het nie. 
     
     Gevolgtrekking: Evolusie het nooit plaasgevind nie.
     
     Kobus, vir jou eie beswil, moet jy jouself nie maar liewer distansieer van kreasionistiese logika nie? 
     
     Die “toevalligheid” in die ontwikkeling van lewe sal vir enige mens ? moeilike begrip wees, want die menslike brein is so geprogrammeer om ? doener agter alles te sien. Daar het by my nou net ? deur hard toegeklap. Onmiddellik het ek die kinders van onverskilligheid beskuldig. Al die tyd is dit net die wind. Gaan kyk in die weervoorspelling vir Durban – rukwinde.
     
     Daarom is die skepping van die menslike verstand ook antropomorfologies van aard. God word gesien as ? man in die Bybel en slange en esels en bome praat die taal van die mens.
     
     Jou katstorie is interessant, maar dit is ? verwronge siening van William Paley soos uiteengesit in sy Natural Theology wat jy geërf het via Kreasionisme. Die ander storie is die van ? skrootwerf waardeur ? rukwind tref en so ? Boeing saamstel. Kreasioniste is lief om die beeld te gebruik om te wys hoe onmoontlik evolusie kon plaasgevind het. Gaan lees Dawkins se Climbing Mount Improbable; daar verduidelik hy mooi hoe natuurlike totstandkoming oor biljoene jare, aanvaarbaarder is as die Bybel se plotselinge skepping van ? vrou uit ? man se ribbebeen
  • Cornelius, dankie vir die PLETORA storie op u-tube. Ek het ook so in my enigheid begin wonder of Kobus weet waar 'n man se pletora sit, en of hy al 'n kletora gesien het, of is dit iets anders?

  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jy besef dat jou aan- en opmerkings niks doen vir jou argument nie – jy het ’n spul hipotese uitgedink en dit kom neerplak. Maar die pletora (plethora op Engels – ek skryf mos nie Italiaans nie) van hipotese is juis die ondergang van die darwinisme. Dus, jou groot omhaal van woorde om dié kwessie te verdoesel, werk nie. Tussen die lyne gelees, kaf van die korrels geskei.

    Kyk hoe deel jy met die kat storie en die skrootwerf storie – jy deel nie daarmee nie, want jy kan nie omdat jy nie die insig het om dit te doen nie – en ek meen daar is geeneen van julle wat daarmee deel of gedeel het op enige sinvolle manier nie. Dus, of jy dit so wil of nie, die kat-en-skrootwerf storie staan. Dit is die karikatuur van die beweerde werking van julle darwinistiese klugspel - metafore om julle belaglike religie en filosofie in sy konteks te plaas, te verduidelik dat selfs julle die ontsettende belaglikheid daarvan sal kan besef (maar lyk of julle selfs daarin oorskat word).

    Kyk hoe praat jy self – die menslike brein is ‘geprogrammeer’… Natuurlik!

    Nou, weet jy van enige programmering wat geskied op die basis van die darwinistiese evolusieleer? Sonder enige beplanning en struktuur ontwerp met aanwending van spesialis programmeringstaal en ingewikkelde tegniek? Natuurlik óók nie, behalwe in jou verbeelding, in jou fantasie, ’n fabel wat jy dien soos ’n god en slaafs navolg soos ’n god met hoedanighede wat mites is. 'n Fantasie waar honde sommer perde kan word, en wie weet wat nog als. Maar nié werklikheid óf wetenskap, nie.

    Terloops, hou op om Kerneels weer uit te lok. Het jy nie genoeg komieklike afleiding andersins nie?

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top