Marais kies ? baie weergalose en gepaste wyse aan die hand van ? uiters paradoksale titel om hierdie roman te ontrafel. Ek haal my hoed af vir sy ywerige vernuf. Tog, myns insiens, blyk dit inderdaad twee teenstrydige opinies te wees wat die gevaar loop om die resensie-leser se eie mening te kerker. Hoe vorm ? mens ? finale opinie oor twee uiteenlopende waarhede?
Aan die een kant stem ek saam met wat hy te sê het onder die afdeling ‘hel’, veral oor die feit dat die tema effe holrug gery is en die intrige en skryfstyl afgeplat en eentonig voorkom, maar aan die anderkant wonder ? mens tog oor die gevoelswaarde en absolute juiste korreling van die rou ervaring wat gepaardgaan met woorde soos “luilekker” Saterdae en dies meer. Dit laat my bespiegel of hierdie einste opregtheid en bekendheid wat soos ? kitmiddel kleef regdeur die roman om as’t ware ? gevoel van vereenselwiging van leser-na-spreker te bewerkstellig. Ek wil egter die kritikus ? pluimpie gee aangaande sy hantering van die teks deur te fokus op verskeie aspekte, hul belangrikheid vir die leser in gedagte te hou en sodoende ? omvangryker ervaring te produseer vir Jan Alleman.

