Kollektiewe neurose oor verlede

  • 9

Ons wittes het kollektiewe neurose oor verlede, oor die ANC en SAKP. Is daar nie meer individuele vryheid van keuse in SA, oor hoe om oor die verlede te voel nie?

Hans Richardt 
  • 9

Kommentaar

  • Hans, jy hét 'n keuse om te voel oor die verlede nes jy wil. Daar is geen beletsel op enige iemand se gevoelens nie.

    Sommige van ons het berou oor die foute van die verlede, maar dit maak ons definitief nié neuroties nie.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, my skrywe met 1928 vlag by, was weereens nekom gedraai deur Litnet Redaksie. Die swartes in SA het politieke kollektiewe neurose oor verlede.
    Litnet probeer my voorhou as politieke korrekte, wat ek nie in hiernamaals sal wees nie.
    Alles deur wittes word as diskriminasie afgemaak, met jongste hofuitspraak, word die absolute sensuur tot in privaatheid van my en jou huis gevat.

  • Hans Richardt

    Dirk Rigter, ek het oor niks neurose nie, net dit.
    Die brief was in my naam, maar my inhoud verwyder en met redaksie se opinie vervang. Niks anders as politieke korrekte sensuur nie!

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, my enigste voorstel is dat as my briewe geplaas word, soos ek dit skryf, sonder politieke korrekte inmenging van Litnet Redaksie, daar geen verwarring sal wees nie.
    Ek ly aan geen neurose, as individu of in kollektief, oor "verlede" nie!
    Ek klou aan my wortels, want as jy nie erken vanwaar jy kom nie, sal jy nie weet waarheen jy wil gaan nie. Ek gee in kollektief terug aan my eie mense.

  • Hans Richardt

    As my groepie nou geld steel, kan ek die misdaad regverdig, deur dit aan regstel aksie en raskwotas toe te dig?
    Ek dink die kollektiewe gewete word onderdruk deur die kollektiewe neurose oor verlede van apartheid, al is jy dan ook 'n millenium van geboorte. Dis agv apartheid dat kinders reeds kinders kry?
    Wat is feitlik en wat is bog? My geslag van 60 en ouer mag nog stertkant van apartheid beleef het, maar dié jongeres praat oor hoorsê van apartheid.

  • Ai Hans, daar kom jy nou by die punt van werklike belang uit, en dit waarop ek ook aldag heeldag op hammer in my kommentare op hierdie politiese korrekte, Marxisties-simpatieke (die ander euwel waaraan die Weste lei, wat wortel en tak uitgeroei moet word!) "Cape Lib" blad, en op die meer gebalanseerde noordelike nuus - en nuus-samevoegingsblad, (en die gewildste Afrikaanse webblad op die Wêreldwye Web) Maroela Media.

    Ek uiter dan altyd die volgende: Sonder jou erfenis en wortels dobber jy rond soos 'n stuk opdrifsel in 'n oseaan van eindelose onsekerheid en paranoia! Jy is dan as't ware 'n identiteitlose on-mens; deel van die massas, en net nog 'n gebruiker om die globalistiese liberale elite se mag- en geldhonger te blus.

    Ons situasie in ons vaderland is NIE so uniek nie, in die VSA baklei die ouens byna soos honde in 'n straatgeveg ter verdediging van hul Westerse erfenis. Hier in Suidelike-Afrika is die geveg om behoudendheid egter fyner genuanseer met rasse, klas, en ideologiese (dikwels val dit saam) verskille, en is dit uniek en anders ingekleur.

    My mening is dat politiese korrektheid die grootste euwel is wat daar bestaan, dit is 'n emosie-belaaide; feit - en realiteit ignorerende; wetenskap ontkennende drog-ideologie. Dis die Weste se grootste "siekte" en vyand-van-binne - 'n formidabele opponent, en die grootste vyand wat ons as Westerlinge nog OOIT moes konfronteer. Die probleem wat dit skep is dat die WERKLIKE probleme en verskille wat daar bestaan oor die hoof gesien en onder 'n mat gevee word, wat aanleiding tot net meer griewe gee, aangesien daardie verskille en probleme nie by die wortel daarvan bespreek en aangepak word en erken word nie; en so gaan dit dan voort ad infinitum! Mag die Here God ons behoed en bystaan in die grootse geveg.
    Ons waag nie vir een oomblik terugstaan nie.

  • Hans Richardt

    Charles, daar is terme wat my bietjie verwar, nl verregs en liberaal. As ek voorstander van Art 235 van SA Grondwet is, wat selfbeskikking daar stel as kollektiewe strewe, dan word na my as verregs verwys deur media. Ek strewe dan juis die individuele en kollektiewe regte in ons liberale Grondwet na.
    Die Soros Foundation ondersteun "reënboog nasie" konsep, van geforseerde etniese almalgamasie, soos Lesufi ook openlik doen met Afrikaanse skole.
    Bruines het verskeie dorpies van Europese sendelinge geërf, maar kyk na regering om die dorpe instand te hou. Hierdie gemeenskappe is uitsluitlik vir bruines, maar hul finansier dit nie met eie kapitaal om hul selfbeskikking te behou nie?
    Waarom word privaat kollektiewe finansiering van eie instellings as "apartheid" rondgeswaai in media? Apartheid was tog 'n staatsgefinansierde politieke beleid, net soos geforseerde etniese almalgamasie deesdae is? Dit is hierdie kollektiewe neurose van politieke korrektes waarvan ek praat, wat verwag dat wittes geen reg het om selfstandige besluite oor hul eie wel en wee te mag neem nie.
    Daar is tog vryheid van keuse en assosiasie, om deel van Art 235 kollektief te wees of nie. Waarom moet ek anders oortuig word dmv iemand se geestelike plakkery oor sy / haar gewete hul pla oor verlede?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top