Kobus de Klerk herbesoek

  • 11

Sjalom.  

Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed (Psalm 139:14).

Nog nooit was daar in die ganse Kosmos ’n ander ek of jy nie...

Godsdiens is ’n inlegwerk van harte; stukkies kosbare lewe wat deurmekaar ’n mosaïekpatroon van ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade versier.

Geen mens kan ’n ander geloof in God gee nie.
Satansagente (fundamentele wensoldate uit die hel) se enggeestigheid is onbetwisbaar ’n eenheid van gekondisioneerde duiwelsgeestigheid wat elke hart se eieheid in die vrede en vreugde van God wil vernietig.

Met hartelose vermaning in naasteliefde en gepaardgaande neerhaling van hul medemens se werklikheid in die openbaar, verskeur en vertrap duiwelbesete ware Christengelowiges enige hart wat nie tot hul haat konformeer nie.

Wat die ou grote bose Kobus de Klerk en sy medehaters so desperaat poog om te onderdruk, is die genade en liefde waarin elkeen enig in ons aard; waarvan daar nie ’n tweede bestaan nie; merkwaardig en onvergelyklik voor die Troon van ons almal se Almagtige Lewende Skepper mag leef.

Soos daar geskrywe staan: Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self (Matteus 23:15).

Dolf, Henry, Kobus en al die ander dweepsieke gekerm en aanklaag uit die vuur en swael op die werf, is die 666 oorlogshond kenmerk van intellektualistiese breinspoeling vol ellende en smart uit diepe donker aprioristies veronderstelde spirituele intelligensie (of te wel; geskubde farisese skrifgeleerdheid).

Die persoonlike verhouding met ons Skepper (die ervaring wat elkeen self kan hê om aan God te behoort), word nie deur mense aan mekaar gegee nie; dit kan net deur Jesus Christus onse Hemelse Vader in ons harte bewerk word.

Met die deur van my hart oop en Jesus Christus onse HERE saam met my aan’t tafel daarin, kan ek my gewete in Sy liefde en genade sonder enige verdere openbaarmaking lawe.

Waar ek wel soms my dwalinge deel is dit om die verlossende genade in, en tot eer van Jesus Christus ons Almagtige Lewende Skepper te bely.

Ek’s ’n sieldaat; waar ek verloor wen Jesus Christus onse HERE...

Ek bid dat elkeen wel die liefde en genade, die troos van GOD ons MOEDER, persoonlik in hul harte sal ervaar. Mag Jesus Christus onse HERE ons almal teen die bose breinspoeling van Kobus de Klerk en sy uniforme haatbende beskerm.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,

Cornelius

  • 11

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Natuurlik sal jy te velde trek, Cornelius.

    Die 'genade en liefde' waarin jy leef, is nie hoe jy mag leef nie, maar verkies om te leef - ter ophemeling van jouself en ten koste van die Waarheid en die HERE Wie se Naam jy so misbruik. Soveel so dat jy selfs gegaan het en vir jou eie 'jesus' geskep het wat slegs in jou eie beleërde gedagtewêreld versin word om te pas om by jou egoïstiese profiel, walglik soos dit is, in te skakel, sodat jy kan sê jy 'mag' so leef... en almal wat jou op die Waarheid en jou gruwelike dwaling wys, te kan vloek, slegsê en andersins teatraal te kan raak - en omdat die ware HERE se maatstawwe jou nie pas, nie... en dan boonop die ware HERE  Jesus Christus se Naam lasterlik daarvoor te misbruik om andere daarmee te probeer mislei.

    En oor my, Kobus de Klerk, het jy 'n obsessie? Is jy simpel, man? Ek sien jou sielsmaat Jaco die ateis, het ook nou saam met jou  'n obsessie oor my ontwikkel en is nou net so irrelevant soos jy - hoe pateties van julle. Spandeer liewer die energie en probeer inneem wat ek en ander ware gelowiges vir julle oor waarsku.

    Julle sal mos nimmer nie daarmee wegkom nie, man!

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Terloops, Kerneels - dalk is dit beter dat jy vir jou 'n vereenvoudigde Afrikaanse woordeboekie vir anderstaliges aanskaf - jy begryp nie die woorde in die een wat jy het nie, en dan haal jy dit sommer sonder sin of aansluiting aan om meer teatraal en vernaam te lyk, maar jy maak eintlik nog 'n erger spektakel van jouself bykomend tot die teatrale snert oor geestelike sake wat jy skrywe.

    Sommige ander mense lag in hul mou vir jou daaroor - ek waarsku jou daaroor. Dink gerus daaraan.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Dankie vir jou deelname.  

    Soos altyd wil ek jou net weer in liefde daarop wys dat ek my nie aanstel oor jou of enige ander se verhouding met ons Almagtige Lewende Skepper nie.  

    Jy stel self my besorgdheid in jou woernaal hierbo omtrent jou dwanggedagtes oor hoe ander in die liefde en genade van die HERE volgens jou mag leef.  

    Ek vind jou raad omtrent 'n Afrikaanse woordeboek vir andertaliges aangenaam.  

    Dis so dat ek soms met 'n paar tale gelyk besig is en dat my woordkeuses hier en daar jou moontlik uitsluit.  

    Ek verseker jou egter dat ek moeite doen om my sin so eenvoudig moontlik op die werf probeer hou.  

    Ek neem met graagte daarom jou raad om my taal meer algemeen verstaanbaar te wy en jou saam met 'n wyer kring lesers so insluit.  

    Intussen nooi ek jou om enige woord wat jou dalk onseker laat met my te deel sodat ek dit vir jou kan opklaar.  

    Ek onderneem ook om die kwessie van taal in die algemeen eendag dubbel in 'n volledige bydrae te vergoed.  

    Neem byvoorbeeld die woordjie "boom".  

    In Noorweegs is 'n boom, "Et tre".

    Waar 'n mens van umuthi praat, dink jy ook met verwondering aan die UmPhafa.

    Maar dan is daar nog die Rastas wat dit rook en 'n paar Boere wat die Ingelse skoon deurmekaar trek daarmee.  

    Hoe verskil 'n Portugees se árvore van die bome in jou woud Kobus?  

    Hoe verskil die Latynse Dominus Isus van onse Germaanse HERE Jesus Chritus?  

    Hoe verskil my voorouers se belydenis Jeesus Kristus on Jumala, van joune Kobus?  

    Maar wat van ons dermiljoene Arabiese broers en susters wat Jesus Christus onse lieflike Allah saam met ons aanbid?  

    Ja Kobus, so kan ek aangaan...

    Wat nog van al die ander toegewyde harte elk in hul eie kutuur en gebruik tot eer van onse Skepper?

    Kobus, besin liefs in jou anderhaat en die feit dat jy dalk nie so alwetend is as wat jy aan jou huiskerk probeer voorgee nie.  

    Nog altyd jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Nee, Cornelius, ek verstaan die woorde wat jy gebruik se betekenisse maar jy, klaarblyklik nie. So kan enigeen wat lees woordeboeke opneem - op die internet of uit die boekwinkels - en die woorde daarin papegaai sonder om die inslag daarvan te begryp, soos wat ons jou sien doen.

    Jou ander snert hierbo is nie kommentaar waardig, nie. As jy nie weet hoe jou Germaanse voorouers se pagan afgode se belydenis, en die Islam belydenis, en die Romeinse afgode panteon se belydenisse ens, ens die HERE Jesus Christus as Seun van God en Enigste Verlosser en Middelaar tussen mens en God uistluit  nie, is daar kwalik salf aan jou te smeer - en dit is hoe dit met jou is. So ook, het die Germane nie 'n Jesus Christus geken nie, maar in jou fantasiewêreld, natuurlik wel.

    Maar genoeg oor daardie gebruiklike sinnelose snert van jou.

    Terloops, Kerneels, net gou 'n voorbeeld uit jou arsenaaltjie hierbo. Die nominatief enkelvoud manlik van  Jesus Christus in Latyn, soos jy die HERE se Naam probeer aanhaal in jou dommigheid, as 'dominus isus'  is inderwaarheid  'Iesus Christus', en as jy dan die uitgange gebruik om die verskillende modusse aan te toon, sal dit word die stam plus -us; -e; um; -i; -o;-o vir die nominatief, vokatief, akkusatief, genitief, datief en die ablatief. Grieks vir jou? Nee, dis Latyn... Dus, die genitiefvorm waarin jy die Naam van die HERE vir jou eie bemodderde glans weereens misbruik, sal in Latyn korrek heet 'Iesi Chrtisti'.

    Die woord, 'isus', wat jy gebruik, stomme mens, is 'n betreklike voornaamwoord wat 'hyself, syself, ditself', beteken, en slegs in bepaalde verhoudinge sal geld, jou arme stomme mens wat so probeer glans vang... en is die sinnelose aanwending van die twee onsamehangende woorde wat jy in jou waas saamflans, 'dominus isus', 'n sinnelose naamwoordstel wat beteken 'hyself meester' , nogal in die nominatief waarin jy dit onwetend gebruik.

    Daar bestaan mos nie so 'n naamwoord kombinasie nie! Die twee woorde kan slegs saam in 'n sin gebruik word indien daar 'n werkwoord is wat die twee verbind, en dan sal die een in die nominatief wees, se maar 'dominus' en die ander een, in die datief of akkusatief, afhangende van die modus, saam met 'n verbindende werkwoord - dan sal die sinnetjie, byvoorbeeld,  lees 'Dominus iso retrotrahat' - die meester verwys na homself - dominus enk nom (meester); retrotrahat - teenw tyd, derde pers enkv (verwys) en 'iso' - enk dat (na homself). En dalk het jy ook nie geweet nie, maar in Latyn is die woordorde in 'n sin van geen belang, nie, want die woordverhouding tot mekaar in 'n sin word deur die modale uitgange aangedui.

    Jy sien? Nie eens tale spring jou verwronge aanslag vry, nie, en maak jy of jy weet terwyl jy niks weet nie - 'n papegaai sal nie afgeskeep voel by jou. nie. Grootprater.

    Dus, jou woordkeuse sluit my beslis nie uit, soos jy sê, nie - dit sluit jou uit...

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Om jou woernale hierbo as blinde haat te beskryf is 'n erge onderskatting van jou algemene en soort van ware Christengelowige nydigheid.  

    Vir enigeen behalwe Kobus de Klerk wat sou wonder, my geloofverklaring Dominus Iesus is in ooreenstemming met die  verklaring deur die Vatikan soos in hierdie skakel beskryf: http://www.vatican.va/roman_curia/congregations/cfaith/documents/rc_con_cfaith_doc_20000806_dominus-iesus_en.html  

    Wat absoluut verstom is hoe die ou grote Kobus de Klerk bepaal dat katolieke Arabiere wat Jesus Christus as Allah (God) aanbid, afgodedienaars is!

    Skandinawiërs en Nore is nie Germaans nie.  

    Die Germane (wat blanke Afrikaners insluit) is meer as 'n duisend jaar lank reeds gekersten.   
    Ek het wel Germaanse voorouers (soos meeste blanke Ingelse en Afrikaners hier aan Mzansi), maar my naam in erfenis is Noors en Skandinawies.  

    Al my voorouers (welke hul taal en kultuur en sover ek al kon bepaal), het Jesus Christus onse HERE in hierdie lewe gedien en bely.  

    Toukokuu heidän sieluunsa levätä rauhassa ja rakkaudessa Jeesuksen Kristuksen, meidän Jumalamme.

    Dominus Iesus,  

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Bla, bla, bla, oneindig so met jou.

    Let op die spelling van Dominus IESUS op die webtuiste wat jy aangee, Kerneels! Maar ek kan sien dat jou gebrek aan taalkundige kennis nie die verskil vir jou sal laat bemerk tussen jou Isus en die Vatikaan se Iesus, nie.

    En dan lieg jy dat jou geloofsverklaring en die van die Vatikaan, dieselfde is. Die heel eerste paragraaf van hulle geloofsbrief weerspreek alles wat jy sê op die forum - daardie sinkretisme van jou. Ek daag jou uit om vir ons die gedeeltes uit die Vatikaan se geloofsbelydenis wat Hindoes, Islamiete, pagans, boeddhiste ens, se religieuse leerstellings erken of insluit, uit te wys. Ons wil veral ook weet waar in hul geloofsdokumente, na Moses verwys word as die dief van die sogenaamde 'cap' of die piramide van Gisa, ens.

  • Kobus de Klerk

    Kyk na die 4depunt van die Vatikaan se geloofsbrief - dit weerspreek alles waarvoor jy staan. Tog beweer jy dit is jou geloofsbelydenis?

    "The Church's constant missionary proclamation is endangered today by relativistic theories which seek to justify religious pluralism, not only de facto but also de iure (or in principle). As a consequence, it is held that certain truths have been superseded; for example, the definitive and complete character of the revelation of Jesus Christ, the nature of Christian faith as compared with that of belief in other religions, the inspired nature of the books of Sacred Scripture, the personal unity between the Eternal Word and Jesus of Nazareth, the unity of the economy of the Incarnate Word and the Holy Spirit, the unicity and salvific universality of the mystery of Jesus Christ, the universal salvific mediation of the Church, the inseparability..."

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,  

    Ek deel graag die volgende aanhaling uit 'n Vatikaanse verklaring.  

    "Certainly, the various religious traditions contain and offer religious elements which come from God,85 and which are part of what “the Spirit brings about in human hearts and in the history of peoples, in cultures, and religions.86 Indeed, some prayers and rituals of the other religions may assume a role of preparation for the Gospel, in that they are occasions or pedagogical helps in which the human heart is prompted to be open to the action of God.87 One cannot attribute to these, however, a divine origin or an ex opere operato salvific efficacy, which is proper to the Christian sacraments.88 Furthermore, it cannot be overlooked that other rituals, insofar as they depend on superstitions or other errors (cf. 1 Cor 10:20-21), constitute an obstacle to salvation.8987 One cannot attribute to these, however, a divine origin or an ex opere operato salvific efficacy, which is proper to the Christian sacraments.88 Furthermore, it cannot be overlooked that other rituals, insofar as they depend on superstitions or other errors (cf. 1 Cor 10:20-21), constitute an obstacle to salvation.89"  

    Jy is welkom om dit iewers in jou soeke te spoeg en te plak en self te lees waar ek dit aanhaal.  

    Ek moet jou egter verseker dat ek geen verklaring van 'n ander se geloof fundamenteel aanbid of intelektualiseer nie.  

    Dis daar om 'n mate van leiding aan mekaar te bied - dis al ...

    Ek is egter wel absoluut oortuig van die volgende gedeelte uit my aanhaling hierbo: ... the various religious traditions contain and offer religious elements which come from God, and which are part of what the Spirit brings about in human hearts and in the history of peoples, in cultures, and religions. Indeed, some prayers and rituals of the other religions may assume a role of preparation for the Gospel, in that they are occasions or pedagogical helps in which the human heart is prompted to be open to the action of God.  

    Die gedeelte verder uit die Vatikaan se verklaring wat ek sou weglaat is weer jeens my aansluiting by die Anglikane.  

    En so kan ons aangaan ...  

    Ons is elkeen by 'n verskillende baken iewers in die lewe.  

    My ligtoring is die belewenis van Jesus Christus onse HERE in my hart.    

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Kobus... betreffende my verhaling van Moses en die sluitsteen waaraan jy so verstik, dink ek jy moet dalk (vir jou eie vrede) jou eie veronderstelling naamlik dat Noag gesoute karkasse vir die roofdiere as kos op die ark geneem het, daaraan meet ...hoeveel sulke veronderstellings het jy al vir die goddelike waarheid hier op die werf gesmous?

  • Kobus de Klerk

    Jou eie aanhaling uit die Vatikaanse geloofsbrief weerspreek jou aannames van enige vorm van Goddelikheid aan jou poespas, Cornelius, en die aanhaling uit die Vatikaan se geloofsbrief maak dit duidelik. Al wat hulle sê is dat ooreenkomstige elemente is, maar die Goddelikheid ontbreek. Kan jy nie eens jou gedeelte en die wat ek vir jou aangehaal het, in perspektief lees, nie?

    Wat Noag aanbetref - jou gebruiklike leuenagtigheid kom maar net weer na vore. Kan jy dan nie anders as om alles te verdraai en verwring in jou wanhopige pogings om steun te verleen aan jou eie versinsels, nie?  My presiese woorde was "Dit is tog dan ook die metode om vir die roofdiere voorsiening te maak, winddroog vleis karkasse (sonder sout, natuurlik). Noag sou diertjies op die ark neem wat nog baie jonk was en weens hul immobiliteit, baie min gevreet het en nie aggressief was nie en meestal geslaap het."

    Vergelyk dit nou met wat jy gelieg het hierbo.  Wat sou Noag in die pad staan om so voorsiening te maak vir roofdiere?

    Maar jou waansin oor Moses en baie ander dinge, is ooglopende waansin en snert.

    Al waarin jy weereens slaag, is jou eie onvermoë tot waarheid en insig, ten toon te stel.

    Jy raak weer twisgierig. Twis verder met jouself.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Na aanleiding van Kobus se belediging en vervloeking deel ek toe die volgende uit 'n Vatikaanse verklaring: "... the various religious traditions contain and offer religious elements which come from God, and which are part of what the Spirit brings about in human hearts and in the history of peoples, in cultures, and religions."  

    Met al sy gepaardgaande belediging vertolk Kobus die Ingels hierbo met sy geskubde spirituele intelligensie as volg: "... die aanhaling uit die Vatikaan se geloofsbrief maak dit duidelik. Al wat hulle sê is dat ooreenkomstige elemente is, maar die Goddelikheid ontbreek."

    Ai tog, Kobus de Klerk...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top